Reeksmoordenaars bly ’n uitdaging vir Byl en sy span, en dié keer is daar ’n meedoënlose moordenaar wat vasberade is om hulle hel op aarde te gee. Dít terwyl Byl en sy span ook met hul eie menslikheid worstel. Skakel vanaf 14 Januarie 2025 in vir die sesde seisoen van “Die Byl”.