kyknet channel logo

Tagliatelle met garnale – Nataniël.Erik.Wolf.

14 November

Pasta

'n Lipleklekker pasta wat bestandele soos gekookte tagliatelle, Parmesan en gaar garnale bevat.

Tagliatelle met garnale
Bestanddele

1 groot salot, fyngekap

1 knoffelhuisie, fyngekap

2 eiergele

400ml room

4 eetlepels botter

50ml witwyn

20 - 24 gaar garnale, doppe verwyder

400g tagliatelle, gekook

4 eetlepels Parmesan, gerasper

2 eetlepels heel kerwelblare of pietersielie

grofgemaalde swartpeper

olyfolie

Metode

Klits eiergele en room saam, hou eenkant.

Braai twee eetlepels botter, salot en knoffel saam tot sag.

Voeg garnale en twee eetlepels botter by en verhit vir een minuut.

Voeg roommengsel by en bring tot net voor kookpunt.

Voeg pasta by en verhit tot room verdik en geabsorbeer word deur pasta, roer stadig maar aanhoudend.

Verwyder van hitte en voeg Parmesan by, meng deeglik.

Voeg kerwel by en meng.

Skep in vier opdienborde en rasper skil van lemmetjie bo-op.

Garneer met grofgemaalde swartpeper.

Bedrup met olyfolie en bedien.

Bruschetta met geroosterde patat
Bruschetta met geroosterde patat – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Bruschetta met geroosterde patat – Nataniël.Erik.Wolf.