web uni tv guide
web uni tv guide

Suidooster

144Soap13
Mooimaak Sandra

Sandra Maartens

Port Elizabeth is die stad waarin ek gebore is, en ook waar ek ’n deel van my kinderlewe deurgebring het.

Hoewel my kinderjare met baie hartseer en verlies gepaard gegaan het, was ek tog nie ’n uiters ongelukkige kind nie.

 

My biologiese ma het in ’n ongeluk gesterf toe ek maar vyf jaar oud was, en ek was by haar. Ná die ongeluk is ons ses kinders na verskillende familielede verplaas en later in ’n kinderhuis. Ek en my jongste suster het na Kimberley getrek.

In standerd 6 is ek en my sussie aangeneem en is ons terug na Port Elizabeth, waar ek in Hoërskool Andrew Rabie was. Ek het dit veral geniet om aan sport deel te neem – seker omdat ’n mens jouself dan lekker kan uitleef. Vandag nog glo ek ’n gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees!

Ek werk op die oomblik as ’n au pair vir twee laerskoolseuns en het voorheen as personeel-konsultant en bemarker gewerk.

Ek het myself altyd belowe dat my kinders nooit sal swaarkry nie en het myself absoluut uitgeleef met hul opvoeding en alles waarby hulle betrokke was en is.

My dogter Megan is in haar sesde jaar van mediese studies en my seun Roald is ’n vlieënier. My rykdom lê in my kinders, en daarvoor sal ek God altyd dankbaar wees.

Mooimaak is vir my die vakansie en belofte wat my wegneem en vlerke gee vir die toekoms! Met selfvertroue kan jy soveel meer beteken vir jou medemens.