web uni tv guide
web uni tv guide

Suidooster

144Soap13
Mooimaak Ronel

Ronel Nel

Ek is gebore in Boksburg en het skoolgegaan in Witbank.

Later is ek getroud in Stilfontein en al drie my kinders is in Klerksdorp gebore. Ek was getroud vir 17 jaar, is nou al 22 jaar lank geskei, en woon sedert 1998 in die Kaap.

Ek woon tans in Kuilsrivier en is ’n kleremaakster. Dit is my passie om te ontwerp en self te stik. Ek is ook huisvrou en ouma van vier kleingoed. Ek stap graag en neem ook foto’s.

My grootste motivering vir ’n nuwe ekke is die feit dat ek gespot word oor my plooie en tande. ’n Grap is later nie meer ’n grap nie – dit breek nogal my selfbeeld af en laat my minderwaardig voel.

Ek wil vir dié wat my spot wys dat ek iets aan myself kan doen, maar hulle kan niks aan hul karakter doen nie. Ek glo egter ek is sterker as dit, en dat hierdie geleentheid absoluut van Bo af gestuur is.

Ek hou van mense en werk elke dag met die publiek.