Vertolk deur Gretchen Ramsden.
Nadine May (23) is 'n jong kandidaat-prokureur wat oorspronklik van Vredendal is. Sy het haar BCom-regsgraad in Namibië verwerk en keer terug na Upington waar haar hoërskoolliefde, Franklin, vir haar wag. Nadine is sprankelend, sjarmant, vasbeslote en doelgerig. Haar droom word bewaarheid as sy 'n pos aangebied word by Cilliers, Molefe and Mouton in Kaapstad. Sy het nog altyd gevoel die plattelandse lewe is te eentonig vir haar. Maar nou moet sy kies tussen haar geliefde, Franklin en die werksgeleentheid.