Vertolk deur Ivan Zimmerman
Frik (42) is 'n perfeksionis wat die lewe in swart en wit sien. Hy is die eersgeborene, asook tessa se man en freek en elani se pa. Hy het van londen teruggekeer om malan vervoer oor te neem en sien dit as ’n groot verantwoordelikheid om van sy pa se besigheid ’n sukses te maak. Frik soek die perfekte gesin, maar sukkel om sy eie ideale uit te leef, veral wanneer die falende malan vervoer erge druk op sy huwelik begin plaas.