Anja se familie was nie juis ryk nie en haar ma moes baie hard werk om brood op die tafel te sit. Sy was voorheen deel van die Swart Marlyne en haar afrigter, Gys Swarts, het groot drome gehad dat sy ’n Olimpiese medalje moes wen. Sy het ’n noue band met Gys se seun, Rossouw, by die klub gevorm.