Logo
Skemergrond speel af in Gemoedsdrif en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die Louws se rustige bestaan word omvergegooi wanneer onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul.
web uni tv guide

Skemergrond

145Telenovela13 V
Skemergrond speel af in Gemoedsdrif en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die Louws se rustige bestaan word omvergegooi wanneer onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul.

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die Louws se rustige bestaan word omvergegooi wanneer onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul.

S1 | E5
08 Julie 23:30
'S1/E5 of 53'. Die Louw's maak almal reg vir Jasmine se terugkeer. Christine vis by Erica om meer oor Jasmine se beserin...

Skemergrond: Ontmoet die karakters van dié splinternuwe telenovelle

News
14 Junie 2024
kykNET&kie kan uiteindelik die rolverdeling van Skemergrond bekendmaak – ’n splinternuwe telenovelle wat in die Wes-Kaapse platteland en Kaapstad afspeel. ’n Rits geliefde akteurs gaan lewe blaas in karakters wat diep in kykers se harte sal kruip.
kykNET&kie kan uiteindelik die rolverdeling van Skemergrond bekendmaak – ’n splinternuwe telenovelle wat in die Wes-Kaapse platteland en Kaapstad afspeel. ’n Rits geliefde akteurs gaan lewe blaas in karakters wat diep in kykers se harte sal kruip.

Die rolverdeling sluit onder andere in Charlton George, Khadija Heeger, Hildegardt Whites, Shimmy Isaacs, Dirk Stoltz, Dann-Jaques Mouton, Gershwin Mias, Deon Lotz en Deirdre Wolhuter. Talentvolle jong akteurs maak ook hulle buiging. 

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Ons maak kennis met die inwoners van Gemoedsdrif, en die plase in die onmiddellike omgewing,  wanneer die aflewering van ’n brief lei tot groot spanning en gebeure wat die lewe van die Louw-familie onherroeplik gaan verander.

Khadija Heeger vertolk die rol van Jasmine Louw wat Everlasting besit. Everlasting is al vir generasies in Jasmine se familie. Vandag is sy die eienaar van beide Everlasting en Everlasting Bloemiste & Bistro in Gemoedsdrif. 

Khadija is vreeslik opgewonde oor dié telenovelle: “Skemergrond het iets vir almal – van oud tot jonk. Ons vertel die stories van ons mense en hoop dat elke kyker iets kan vind waarmee hulle hulself kan vereenselwig.”

Jasmine is getroud met JP (Charlton George). Hulle het twee pragtige dogters, Hazel Maarman (Carmen Maarman) en Lily (Hildegardt Whites). Hazel bly tans op die plaas met haar gesin waar sy Everlasting bestuur. Sy is getroud met Ronnie (Mario Haupt), en hulle het een seun, Junior (Ayden October). 

Lily het op 16-jarige ouderdom uit die bloute haar sakke gepak en Everlasting verlaat sonder enige verduideliking. Sy toer Europa plat met haar dogter, Amber (Talia Davis). Sal Lily ooit die waarheid praat oor hoekom sy gevlug het? 

Die Pienaar-famile bly ook op Everlasting. Erica (Shimmy Isaacs) werk by beide Everlasting Bloemiste en Bistro en Gemoedsdrif Hotel. Sy is uitgesproke, selfversekerd en vreesloos. Haar ma, Ragel (Nazli George), spandeer meeste van haar tyd in haar werkskamer waar sy besig is met haar blommerangskikkings en potpourri vir Everlasting Bloemiste & Bistro. Haar pa, Abel (Noel Oostendorp), is die voorman op die plaas. Erica het ook ’n seun, Louis (William Adams), wat min tot geen blootstelling of ervaring van die buitewêreld het nie. Hy ken net die plaas en die dorp.

Manny Goosen (Dirk Stoltz) is aan die stuur van sake in die dorp – altyd met ’n knertsie in die hand. Hy besit Gemoedsdrif Hotel en sien homself as die dorp se bewaarder. 

Ruan Smit (Dann-Jaques Mouton) is die speurder op die dorp. Hy is baie passievol oor sy werk en soek net een ding: geregtigheid. 

Patty Paulsen (Gretchen Ramsden) is die hotel se nuwe sjef. Sy is ’n mense-mens, maar moenie die fout maak om te dink sy is ’n softy nie.

Die Maritz-familie besit die buurplaas Lang Verloren. Tillie (Deirdre Wolhuter) is getroud met Willem (Deon Lotz) en hulle het ’n seun, Dirk (Wilhelm van der Walt). Tillie en Jasmine is beste vriendinne en hulle het vertrouelinge geword toe hulle die uitdagings van plaasvroue in ’n moeilike era vir vroue navigeer het. Hulle het ’n stil, stoïsynse en ondersteunende vriendskap. 

Christine Atkins (Devonecia Swartz) is ’n suksesvolle besigheidseienaar in Kaapstad. Sy besit ’n geleentheidsmaatskappy, Atkins Affairs. Christine is op soek na antwoorde en dit lei haar na Gemoedsdrif.

Kevin Johannes (Gershwin Mias) is ’n entrepreneur met sy eie vervoermaatskappy. Hy vervoer elke dag die blomme van Everlasting na al die verskillende kliënte. 

Gloria Meyer (Hunter Plaatjies) is ’n lewenslustige blommeverkoper op die Kaapse Vlakte. Met haar ma se afsterwe het Gloria belowe om na haar broer, Fabian (Marunzo Thomas), te kyk. Ten spyte van al die probleme wat sy by die huis in die gesig staar, is Gloria vol lewe en passie.

Beeno Beukes (Duncan Johnson) het grootgeword in die rowwe dele van die stad waar hy vanaf ’n jong ouderdom baie van die onderwêreld geleer het. Oor die jare het hy ’n lojale groep mans bymekaar gemaak wat die dwelms hanteer sodat hy kan fokus op die groter prentjie – om sy invloed en grondgebied uit te brei. 

Die Cloetes is die nuwelinge op die dorp. Hulle vlug na Gemoedsdrif om van hul lewe in die Kaap te ontsnap. Brandon (Anton Jeftha) en Sylvia (Melissa de Vries) is getroud, en hulle maak Brandon se broerskind, Shakiel (Ashley Riddles), groot. Brandon en Sylvia kom bied danslesse in Gemoedsdrif aan, maar hoekom het hulle weggehardloop? 

Scharl Van Der Merwe, toesigvervaardiger van dié telenovelle, sê die span is baie opgewonde oor die briljante ensemble van Skemergrond

“Soos ’n tuin vol veelkleurige blomme, bring elke akteur ’n eie skakering van lewe, kompleksiteit en raaiselagtigheid na ons verhaal. Hulle vertolkings is so betowerend soos die geurige belofte van ’n lenteoggend, wat verseker dat die kyker vasgevang sal word in ’n wêreld van onvoorspelbare intrige,” sê hy.

  • Skemergrond sal kykers vier aande ’n week vasgenael voor die kassie hou. Dié telenovelle begin op 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal ook beskikbaar wees op DStv Catch Up en DStv Stream. 

Skemergrond: Maak gereed vir kykNET&kie se nuwe trots inheemse telenovelle

News
15 Februarie 2024
Hierdie telenovelle kom in die plek van "Arendsvlei" wat vanjaar na sy sesde seisoen tot 'n einde kom.
Afrikaans telenovelle name

In Julie begin Skemergrond – ’n nuwe en opwindende Afrikaanse telenovelle op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) vol diep bewaarde familiegeheime, wraak, ware liefde, leuens en verbrokkelende vriendskappe. 

Skemergrond sal kykers vier aande ’n week vasgenael voor die kassie hou. Dit kom in die plek van Arendsvlei, ’n telenovelle wat baanbrekerswerk gedoen het sedert die eerste episode op 1 Oktober 2018 uitgesaai is, maar in Junie vanjaar tot ’n dramatiese einde kom.

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die Louws se rustige bestaan word omver gegooi wanneer onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul. Ou wonde word oopgekrap en nuwe bande word gesmee om die Louws en hulle nalatenskap te red en te beskerm.

Roxanne Blaise, bekend vir haar rolle in Sara se geheim en White Lies, is die hoofregisseur. Sy was ook een van die regisseurs van Arendsvlei. By verlede jaar se Silwerskermfees het sy saam met Mujaanhid Valley die toekenning vir die beste draaiboek gewen vir die kortfilm Die Blokke. Roxanne is ook as beste regisseur vir Die Blokke benoem. 

“Ons is verheug oor hierdie fantastiese geleentheid. Die vars en opwindende rolverdeling gaan ’n epiese familiesage na die kassie bring. Skemergrond speel af tussen die Wes-Kaapse platteland en die blommemarkte van Kaapstad en is vol interessante karakters wat donker geheime saam met hul dra,” sê Roxanne. 

Die ander regisseur is Marisa Drummond, wat ook voor die kameras naam gemaak het met reekse soos Spoorloos: Die eiland en Suidooster. Bobby Stuurman, wat met Arendsvlei sy opleiding as regisseur gekry het, is die leerlingregisseur en dialoog-afrigter.

Die gedugte skryfspan het tussen hulle aan elke geliefde sepie en telenovelle in die land gewerk: Jo-Ann Scholtz (7de laan), Johann Davis (ArendsvleiSuidooster), Alyzzander Fourie (High RollersIsidingo), Margaret Goldsmid (Diepe WatersArendsvleiAfgrond), Meesha Aboo (Diepe WatersUnseenArendsvlei), Kanya Viljoen (Arendsvlei), Lauren Scholtz (ArendsvleiDiepe Waters), Henry Cloete (ArendsvleiDiepe WatersSuidooster) en Tristam Atkins (Diepe WatersUnseenArendsvleiSuidooster).

Die reeks word deur Penguin Films vervaardig wat reekse en films soos Sara se geheimFishy Fêshuns, Afgrond en Diepe Waters op hulle kerfstok het. Roberta Durrant en Andrea Frankson-Titus is die kreatiewe vervaardigers van Skemergrond.

“Ons het ’n uitsonderlike rolverdeling en ’n briljante span mense agter die skerms bymekaar gebring om hierdie veelvlakkige storie vol geheime, liefde en wraak te vertel. Kykers gaan aangegryp en verras word deur al die emosionele kinkels,” sê Roberta.

  • Die rolverdeling van Skemergrond word later aangekondig, maar sluit sowel legendariese spelers as opwindende jong talent in. Skemergrond begin in Julie 2024 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal van Maandag tot Donderdag om 19:30 uitgesaai word.