web uni tv guide
Hotel S5 Slim
Mooimaak_Emmie

Emmerentia de Roche

Ek het groot geword in Bredasdorp en Struisbaai, en het in Bredasdorp skool gegaan. Ek bly nou al 19 jaar in die Kaap en werk vir Whale Watchers Lovely Self-Catering Accommodation – ek is die besprekings bestuurder.

Die belangrikste vir my in die lewe is om net gelukkig te wees, en om kwaliteit tyd saam met my dogter, familie en vriende te spandeer.

Om my tande te laat doen sal vir my die heel grootste geskenk, behalwe vir my 13-jarige dogter (Sarah), wees. Ek en my ouers het nooit die finansies gehad om dit te kan doen nie. As gevolg van my tande het ek nog nooit selfvertroue of ’n selfbeeld gehad nie, veral nog minder na my egskeiding.

Ek is baie selfbewus oor my tande, en probeer altyd my mond so klein as moontlik oopmaak en nie te breed glimlag nie. Die dinge wat vir my die ergste is, is as ek uitgaan en ek met kleinkindertjies praat, vra hulle altyd ‘hoekom is tannie se tande so skeef,’ en enige kos waaraan ek byt, soos vrugte, roosterbrood of ’n stukkie koek, en ek sien altyd my tand merke daarop. Ek probeer dit altyd op een of ander manier wegsteek.

Ek wil bitter graag ’n nuwe lewe begin saam met my dogter, en meer glimlag sonder om skaam te voel oor my tande of my voorkoms.