Logo
kykNET_Juffrou_X_Slim_billboard
web uni tv guide

Juffrou X

144Drama16 VSL

Tussen tonele met Brendon Daniels

Nuus
28 Mei 2024
Hoe bly Brendon Daniels gemotiveerd en reg vir sy volgende toneel? Ons vind uit!
Brendon Daniels

Brendon Daniels is beslis ‘n bekende gesig op televisie. Hy is tans op kykNET te sien as Ralph Willemse, die skoolhoof van Victory Heights, in Juffrou X en Hercules in Spinners op Showmax.

Kykers was ook onlangs vasgenael gehou met White Lies op M-Net, toe Brendon as veteraan-speurder teenoor Natalie Dormer, van Game of Thrones-faam, gespeel het.

Ons het agter-die-skerms met Brendon gesels om meer uit te vind oor hom.

Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe?

Alle mobile devices –  selfoon en skootrekenaar. Huissleutels, lip balm, tandeborsel, and now of late: ‘n Kussing.

Indien jy kan, watter een van die karakters wat jy al vertolk het was jou gunsteling en hoekom?

Daar is talle. Die karakter wat uitstaan het ek in ‘n teaterstuk, Rooiland vertolk.

Watter rol het jou al die meeste uitgedaag in jou loopbaan en hoekom?

Die bogenoemde. Die karakter Adidas in Rooiland was uitdagend in die feit dat ons as geselskap moes gaan krap aan die psige van die in aanhouding.

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander akteur/ persoon op stel wat jou geïnspireer het?

Weereens, daar is talle [by wie ek geleer het]. Akteurs, regisseurs en ander. Charlton George word ge-highlight.

Saam met watter persoon in die industrie sal jy nog mee wil werk eendag?

Marius Weyers.

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET of Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogal graag daarin wil speel?

Koek op Showmax.

Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het?

[Ek] herinner myself dat this too shall pass. Dan connect ek met my familie.

Wat is jou motto in die lewe?

“Facta non verba” – my laerskool se leuse. [Dit beteken] dade nie woorde.

Volg Juffrou X op Dinsdae om 20:00 op kykNET, kanaal 144 of stroom die episodes op DStv Stream. Jy kan ook vir Brendon op Showmax sien in drama-reekse soos Spinners, Die Boland Moorde, Skemerdans, Sara se Geheim, Trackers en Desert Rose, asook flieks soos Thys & Trix, Krotoa, en Cowboy DanSons of the sea is ook beskikbaar op DStv Stream.