Logo
Die brug S1 Slim BB

Arnold se reis – Die brug

Nuus
03 November 2023
Arnold het ongelukkig nie lank gehad om sy “game” te kan speel nie, maar hy het sonder twyfel ’n groot indruk gelaat op sy mede-spelers.
Die brug Arnold

Arnold het omtrent ’n “entrance” gemaak toe hy by die kamp arriveer en dit duidelik gemaak dat hy reg is om dié avontuur aan te pak.



Arnold het ook nie lank geneem om vriende te maak nie en het vinnig een van die gewildste spelers by die kamp geword. Hy het egter, sonder om te besef, sy eie eliminasie voorspel toe hy gesê dat om op mense se tone te trap moontlik die enigste ding is wat hom kan kos in die kompetisie.



“Ek gaan jou either push or I’m either gonna pull you.”

Dit het gelyk asof Arnold se warm persoonlikheid die “pull” laat werk het op al sy mede-spelers, behalwe Avril. Dis waar die “push” inkom wat hom ongelukkig duur gekos het.

Arnold het sy stem dik gemaak wanneer dit by groot besluite gekom het, en Avril het dit as ’n bedreiging gesien en besluit dat hy die eerste speler moet wees om Die brug te verlaat.



Dié besluit het almal geskok en aangeraak. Beide Nonnie en Sam was emosioneel toe Arnold groet omdat hy in ’n kort tydperk diep in hulle harte in gekruip het.



Alhoewel die besluit hartbrekend en skokkend was, gaan Arnold egter weereens “leer in seer” en sy volgende avontuur aanpak met dieselfde aansteeklike positiewe energie wat hy saam met hom na Die brug gebring het.



Volg al die drama elke Donderdag om 20:00 en gesels saam deur die hutsmerk #DieBrug op  FacebookXInstagram en TikTok te gebruik.