Die SAFTA-benoemings is bekend gemaak en kykNET kan met 52 daarvan spog. Die SAFTA-toekennings, oftewel die South African Film and Television Awards, word vanjaar vir die 16de keer uitgedeel en soos gewoonlik was daar strawwe kompetisie van ander kanale wat die afgelope paar jaar ook stromingsdienste insluit.
“kykNET is opgewonde oor hoe goed Afrikaanse inhoud vanjaar by die SAFTA-toekennings gevaar het,” sê Waldimar Pelser, M-Net se direkteur van kykNET-kanale. “Dit wys nie net dat die vraag na premium plaaslike inhoud baie hoog bly nie, maar ook dat premium Afrikaanse inhoud by die beste kan kers vashou. Dit is moontlik danksy kreatiewe spanne wat die middernagolie brand om verbeeldingryke inhoud vir Afrikaanse kykers te bedink en te vervaardig.”
Die MultiChoice-groep, waarvan kykNET deel is, het die benoemings vanjaar gedomineer met bykans 180 uit die moontlike 333 benoemings.
’n Juweel in vanjaar se kroon is Suidooster wat die meeste benoemings van alle Suid-Afrikaanse sepies gekry het.
“Om benoem te word, is ’n beskeie voorreg, maar vir ons is dit eerstens belangrik dat Ruiterbosch (Suidooster se fiktiewe woonbuurt) ’n tuiste vir al ons kykers geword het,” sê Bradley Joshua, mede-vervaardiger van Suidooster. “Vir amper sewe jaar poog Suidooster om geloofwaardige stories te vertel wat nie net ’n toonbeeld van diversiteit is nie, maar wat veral verdraagsaamheid bevorder.”
Denise Newman, wat as beste aktrise in ’n sepie vir haar spel in Suidooster benoem is, sê dit is wonderlik om erkenning deur die bedryf te kry. “Dankie aan my mede-akteurs wat deel is van hierdie magic wat ons skep. kykNET verdien ook baie erkenning om ons toe te laat om ’n ware Kaapse storie te vertel.”
Die komedie G.I.L. het nege benoemings gekry onder meer vir Bennie Fourie as beste akteur in ’n TV-komedie. Bennie is as vervaardiger ook benoem in die kategorie beste leefstylprogram vir Die Broer Toer. “Dit was reeds wonderlik om kykers se mooi terugvoer op Die Broer Toer te kry,” sê hy, “maar om nou krities erken te word, maak al die skete wat ons oop die toer opgedoen het sommer minder pynvol.”
Quanita Adams het ook twee benoemings ingepalm. Sy is benoem vir haar spel in die speelfilm Barakat en Swirl, waarvan sy die skrywer en regisseur was, is benoem as beste TV-film.
“Ek kan nie meer trots wees as om hierdie twee films te verteenwoordig nie, beide as ’n speler en ’n filmmaker,” sê sy. “Dit is ’n wonderlike tyd om stories te vertel. Geluk aan al die benoemdes. Dis ’n flippen sterk jaar. Ek is weggeblaas!”
Binnelanders het vyf benoemings gekry met Odelle de Wet wat as beste vroulike byspeler benoem is. “Soos die gesegde gaan: It takes a village to raise a child. Wanneer een persoon benoem word, is daardie persoon bloot simbolies van die ongelooflike werk van ’n hele span. Binneland is hierdie span. Binneland is my village.”
Hiermee al die kykNET-benoemings.
BESTE LEEFSTYLPROGRAM
Elders: Namibië
Die Broer Toer
BESTE TV-FILM
Mike en Mavis
Swirl
BESTE VERMAAKPROGRAM
Die 11de kykNET Fiëstas
BESTE HARE EN GRIMERING: TV-KOMEDIE
G.I.L. – Morné Marx
BESTE KOSTUUMS: TV-KOMEDIE
G.I.L. – Cassandra Rowland
BESTE KLANK: TV-KOMEDIE
G.I.L. – Stash Couvaris
BESTE KUNSREGIE: TV-KOMEDIE
G.I.L. – Beatrix van Zyl
BESTE REGIE: TV-KOMEDIE
G.I.L. – Quentin Krog
BESTE HARE EN GRIMERING: TV-DRAMA
4 Mure – Minke Swart
BESTE KOSTUUMS: TV-DRAMA
4 Mure – Mariechen Vosloo
BESTE KLANK: TV-DRAMA
4 Mure - Tim Pringle
BESTE REDIGERING: TV-DRAMA
Slot – Lucian Barnard
Nêrens, Noord-Kaap – Regardt Botha, Markus van Schalkwyk en Eva du Preez
BESTE KINEMATOGRAFIE: TV-DRAMA
4 Mure – Jorrie van der Walt
BESTE REGIE: TV-DRAMA
Slot – Jozua Malherbe
4 Mure – Jaco Bouwer
BESTE REGIE: TV-SEPIE
Suidooster – Romano Gorlei, Erina Niemand en Helini Handt
Binnelanders – Danie Joubert
BESTE OORSPRONKLIKE KLANKBAAN: SPEELFILM
Barakat – Kyle Shepherd
BESTE VROULIKE BYSPELER: TV-SEPIE
Melissa Willering – Suidooster
Odelle de Wet – Binnelanders
Marion Holm – Suidooster
BESTE MANLIKE BYSPELER: TV-SEPIE
Richard September – Suidooster
Marvin-Lee Beukes – Suidooster
Clint Brink – Binnelanders
BESTE VROULIKE BYSPELER: TELENOVELA
Shaleen Surtie-Richards – Arendsvlei
BESTE AKTRISE: TV-SEPIE
Denise Newman – Suidooster
Cindy Swanepoel – Binnelanders
Jill Levenberg – Suidooster
BESTE AKTEUR: TV-SEPIE
Cedwyn Joel – Suidooster
Johan Scholtz – Getroud met rugby
BESTE TV-SEPIE
Getroud met rugby
Suidooster
BESTE VROULIKE BYSPELER: TV-DRAMA
June van Merch – Die Boekklub
BESTE MANLIKE BYSPELER: TV-DRAMA
Arno Marais – Spoorloos
BESTE AKTRISE: TV-DRAMA
Tinarie van Wyk Loots – 4 Mure
BESTE TV-DRAMA
Slot
4 Mure
BESTE MANLIKE BYSPELER: TV-KOMEDIE
Frank Opperman – G.I.L.
BESTE AKTRISE: TV-KOMEDIE
Ashley de Lange – G.I.L.
BESTE AKTEUR: TV-KOMEDIE
Bennie Fourie – G.I.L.
BESTE TV-KOMEDIE
G.I.L.
BESTE VROULIKE BYSPELER: SPEELFILM
Quanita Adams – Barakat
BESTE AKTRISE: SPEELFILM
Vinette Ebrahim – Barakat
BESTE REGISSEUR: SPEELFILM
Amy Jephta – Barakat
BESTE TV-AANBIEDER (KYKERSKEUSE)
Lourensa Eckard – KN Verslag
GEWILDSTE SEPIE OF TELENOVELA (KYKERSKEUSE)
Binnelanders
Arendsvlei
Getroud met rugby
Suidooster
Die SAFTA-toekennings word op Saterdag 3 September op Mzansi Magic, DStv-kanaal 161, uitgesaai. Die tyd sal later bevestig word. Die stemlyne vir die kykerskeuse-kategorieë open op 1 Augustus.