[[video:12566|-|half|-|left|-|block]]
Hande in die hare? Moeg gespartel?
As jy die eienaar van ’n restaurant is, wat jou uit die slaap hou, is die goeie nuus hier.
Hier kom ’n nuwe seisoen van In die sop – Die Restaurant Evolusie met Sjef Bertus Basson. En JOU eetplek kan deel van die suksesstorie word.
Twaalf Suid-Afrikaanse restaurante kry in die tweede reeks die kans om met die hulp van Sjef Bertus, oormaakspesialis, Misi Overturf, en hul bekwame span, weer op koers te kom en te floreer.
Of jy ’n familie-eetplek, ’n fynkos-restaurant, padstal, steakhouse of vetkoek-koskaravaan het - as jy sukkel, skryf nou in.
Laai hier die inskrywingsvorm af:
[[upload:5]]