Talana is ‘n 27-jarige besigheidsvrou wat die eienaar is van Earth DK en Millennial Marketing. Sy is ook die mamma van ‘n driejarige en is tans swanger met haar en haar ouditeur man, Walter, se tweede kind. Talana het tussendeur sommer ook ‘n selfhelp-joernaal geskryf wat binnekort publiseer word. Sy kan nie mense hanteer wat dink hulle is beter as sy nie – sy het deur die vuur geloop om te kom waar sy vandag is.