’n Jong onderwyseres keer terug na haar familieplaas om Kersfees saam met haar wewenaar pa te spandeer. Wanneer sy skielik onverklaarbaar siek begin word en ‘n misterieuse ‘skadu’-vrou saans in haar kamer verskyn, vermoed haar beste vriend dat iets nie pluis is op Donkerdraai nie.