kyknet channel logo

Sjokolade-gemmer-muesli-koekies

26 Oktober

32 koekies

Gebak

3

'n Peuselhappie

IMG 6782
Bestanddele

300 g Sagte botter

200 g Ligte bruinsuiker

2 teelepels Vanielje-ekstrak

400 g Bruismeel

1 teelepel Bakpoeier

1 knippie Sout

1 koppie Muesli

130 g Donker sjokolade

1/2 koppie Ingelgde gemmer gedreineer en in stukkies gesny

Metode
  • Verroom botter, suiker en vanielje in saam in mengbak
  • Voeg bruismeel, bakpoeier en sout by, gebruik ’n vurk en meng goed
  • Meng muesli by  
  • Kap sjokolade in stukkies van verskillende groottes
  • Meng saam met gemmerstukkies by beslag
  • Gebruik hande en vorm deegbal
  • Bedek en plaas in yskas vir 15 minute
  • Voer een of meer bakplate met bakpapier
  • Sny deeg in kwarte
  • Vorm 8 balletjies uit elke deel
  • Plaas 8 balletjies op elke bakplaat, druk effens plat met vurk
  • Bak in oond teen 170˚C (waaier) tot goudbruin, 9 tot 10 minute
  • Verwyder uit oond en laat staan vir te minste 5 minute
  • Plaas versigtig op draadrak om heeltemal af te koel
IMG 6761
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Juweelslaai

Gewildste Resepte