web uni tv guide

Spinasie-en-mielie-bakkies

12 Bakkies

Gebak

3

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt heerlike spinasie-en-mielie-bakkies voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik.

Die-GROOT-Ontbyt-Kosblik-idees-1
Bestanddele

410 g geroomde suikermielies

4 eiers

3 groot spinasieblare

100 ml koekmeel

15 ml olyf- of avokado-olie

5 ml paprika

1,2 ml sout

suurlemoensap

swartpeper

Metode
  1. Voorverhit die oond teen 180 °C en smeer ‘n muffinpan liggies met olie.
  2. Meng al die bestanddele in ‘n groot bak saam tot goed gemeng. Geur na smaak met suurlemoensap en peper.
  3. Skep mengsel in muffinpan en sprinkel ekstra paprika oor. Bak 20 minute of tot gestol en gaar. Skep uit die pan en laat afkoel.

 

Wenk:

  1. Geniet die bakkies warm of teen kamertemperatuur.
  2.  Strooi sesamsaad oor voor dit gebak word.
  3. Hierdie resep is ook lekker vir ‘n ontbyt-idee.

 


Groot Borg: Pharma Dynamics Cooking from the heart Groot Borg: ClemenGold Klein Borg: Cecilia's Farm

 

Kosblik-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-07-14

Winter-kosblik

Gewildste Resepte