web uni tv guide

Hoender en kappertjiesaad-potjie

07 Januarie

Braai

5

Hierdie potjie is maklk – en heerlik! 

Jan Braai Kappertjiesaad-potjie
Bestanddele

Vir die potjie:

2 sopies olyfolie

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

8 hoenderstukke (dy en boudjie sonder vel)

1 sakkie (700g) baba aartappels

2 sopies kappertjiesade, gedreineer

1 k witwyn

1 k vars room

sout

peper

vars pietersielie, opgekap vir bediening

Metode

Plaas jou potjie op die vuur en verhit die olie in jou potjie. Braai die uie tot sag en gaar. Sit die hoenderstukke in die hoenderpotjie en braai tot hulle begin verbruin.

Voeg die knoffel, baba aartappels, kappertjiesaad en wyn by en laat dit kook vir so 5 minute tot meeste van die wyn weggekook is.

Voeg die room by, plaas die deksel op die potjie en laat die potjie baie rustig prut vir omtrent 30 minute tot die hoender gaar en sag is.

Geur met sout, peper en vars pietersielie en bedien warm.

Wafel-braaibroodjie
Jan Braai
2020-01-06

Wafel-braaibroodjies

Gewildste Resepte