Logo
Weskusbewoners – Poster
web uni tv guide

Weskusbewoners

144RealiteitPG

Kom loer in by die Weskusbewoners en hul pragtige streek

Nuus
14 September 2021
As jy aan die Weskus dink, dink jy aan die skouspelagtige blomme, idilliese strande en prentjie mooi staproetes. Maar in kykNET se nuwe dokumentêre leefstyl program Weskusbewoners, kry kykers die geleentheid om ’n ander kant van die Weskus te sien.
Untitled design (1)

Op 21 Oktober 2021 om 21:00 kry kykers ’n kykie in die lewe van die mense wat op die Weskus bly. Hulle vertel vir ons hoekom dié streek so spesiaal vir hulle is. 

Die reeks skop af in Kuboes, waar ons vir Chalwyn Thomas ontmoet. Dié 44-jarige onderwyser van Sanddrif is gebore op die Babillion-plaas. Chalwyn is passievol oor die Nama-kultuur en vertel vir ons wat Kuboes so spesiaal maak.

In die tweede episode ontmoet ons vir Deon Venter en Madeleine Baumgarten. Deon het na Hondeklipbaai verhuis nadat hy uit die tronk vrygelaat is en het Madeleine op Facebook ontmoet. Dié twee wys ons hul kunswerke en vertel hoe hulle saam ’n lewe maak.

Ons leer ken ook vir Nevaugh en Bushrah wat die stadslewe verruil het vir ’n plekkie op Piketberg. Dié paartjie wil mense meer leer oor die organiese manier van boer en hoe om ’n verbintenis te vind met die natuur.

Dan, maak ons ook ’n draai in Kamieskroon, Lambertsbaai, Clanwilliam, Steenberg’s Cove, Velddrif, Paternoster, Vredenburg, Saldanha, Langebaan en Hopefield. In elk van hierdie plekke ontmoet ons eksentrieke mense wat hulle stories met ons deel.

Weskusbewoners word vervaardig deur BrightRock, ’n unieke finansiële maatskappy wat onder meer in behoefte-gerigte lewensversekering spesialiseer.

"Weskusbewoners is ’n persoonlike reis deur die hart van een van Suid-Afrika se laaste oorblywende wilde plekke. Die mense van die Weskus vertel vir ons die storie van ’n ryk, diverse en ongewone magiese plek,” sê Ian Martin, vervaardiger van die program.

Skakel elke Donderdagaand op kykNET, DStv-kanaal 144, vanaf 21 Oktober 2021 om 21:00 in vir ’n reis met asemrowende Weskusbewoners.