Kevin is Bertie se swaer. Hy's 'n praktiese en hardkoppige gesondheidsbewuste pa wat sy familie verbied om van sy wegneemeteplek se kos te eet. Hy is pro-aktief en selfbewus en sukkel soms om verhoudings buite sy onmiddelike kring te smee. Hoewel hy probeer om 'n streng ouer te wees, is sy hart ook maar eintlik te sag.