web uni tv guide
web uni tv guide

Prontuit

144AktueelPG13
Karli Stamhuis84 (1) (1)

Karli Stamhuis

OUDERDOM: 48
AREA: Mosselbaai
BEROEP: Entrepreneur – Sy ‘upcycle’ en verkoop jasse en baadjies en bied kunsklasse aan.

HOEKOM DINK JY IS JY ’N GOEIE KANDIDAAT VIR KYKNET SE PROGRAM ‘KUNSVLYT’?
Ek glo ek is kreatief in probleemoplossing, kan sistematies werk en buite die boks dink. 

WAT SE TIPE KUNSVLYT DOEN JY, EN WAT GENIET JY DIE MEESTE?
Ek doen graag mosaïek, werk met sement, kraletjies en eenvoudige borduurwerk, maar geniet skilder die meeste.

HOE GEREELD DOEN JY KUNSVLYT?
Ek is maar altyd besig met iets. Ek brei op die oomblik ’n kombers vir my gastekamer, skilder aan twee kindertjies en borduur aan ’n paar jasse, so afwisselend.

WATTER ANDER STOKPERDJIES BEOEFEN JY OOK?
Ons doen gereeld staproetes in die omgewing en dan en wan stap ek graag ver afstande, ek studeer kunsberading.

WAS JY AL TEVORE OP TELEVISIE?
Nee.

WAT IS JOU GROOTSTE PASSIE?
Om ’n kind te sien blom! Ek leer kinders dat wanneer hulle kuns by my doen, daar nie reg of verkeerd is nie, dat ons na dieselfde objek kan kyk en dit dan verskillend kan uitbeeld. Elkeen het mos sy eie unieke styl en kommunikeer sy eie boodskap, en dit is goed! Dit is uiters bevredigend om te sien hoe hulle waag en hulle grense ’n bietjie skuif. Die selfvertroue wat daardeur ingeboesem word, is sigbaar in hul ogies en lyftaal! Kuns is ’n fenominale kommunikasie-medium!

VERTEL ONS VAN JOU GESINSLEWE?
Ek en my twee dogters (12 en 9 jaar) woon in Mosselbaai. My ma woon ook saam met ons. Ons geniet die omgewing, die see en die strand. Ons drie honde, Rosy, Rocky en Rusty geniet die strand net so! My dogters is buiten ander belangstellings ook lief daarvoor om te skep en ons spandeer graag tyd saam in die kunskamer/studio. My ma het vroeër baie geskilder, maar hekel nou graag mandalas vir my jasse, sy het ’n wonderlike aanvoeling vir kleur.