Logo
Welkom by Pronk Primêr, ’n laerskool in ’n klein dorpie, waar ’n wiskunde-onderwyseres, Ada, terugkeer na haar alma mater en waar van haar skoolvriende – Earl, Charl, Driena en Filip – ook skool hou.
web uni tv guide

Pronk Primêr

144KomediePG13 L

seisoen

1

’n Groep onderwysers wat ná dekades steeds aan mekaar verbind is. Vyf skoolvriende wat jou onderwysers is by die skool waar hulle nie net skoolgegaan het nie, maar waar dieselfde skoolhoof van destyds steeds die septer swaai.

’n Laerskool in ’n klein dorpie. ’n Groep onderwysers wat ná dekades steeds aan mekaar verbind is. Vyf skoolvriende wat jou onderwysers is by die skool waar hulle nie net skoolgegaan het nie, maar waar dieselfde skoolhoof van destyds steeds die septer swaai.
 

S1 | E2
08 Julie 20:00
'S1/E2'. 'n Rekord-oorlog breek uit. Driena is aan die stuur van die gasvrougeleentheid. Ada moet haar hart in toom hou,...

'Pronk Primêr': Die wel en weë van 'n laerskool en sy mense

News
06 Junie 2024
’n Laerskool in ’n klein dorpie. ’n Groep onderwysers wat ná dekades steeds aan mekaar verbind is. Vyf skoolvriende wat jou onderwysers is by die skool waar hulle nie net skoolgegaan het nie, maar waar dieselfde skoolhoof van destyds steeds die septer swaai.
’n Groep onderwysers wat ná dekades steeds aan mekaar verbind is. Vyf skoolvriende wat jou onderwysers is by die skool waar hulle nie net skoolgegaan het nie, maar waar dieselfde skoolhoof van destyds steeds die septer swaai.

SINOPSIS

Welkom by Pronk Primêr, ’n laerskool in ’n klein dorpie, waar ’n wiskunde-onderwyseres, Ada, terugkeer na haar alma mater en waar van haar skoolvriende – Earl, Charl, Driena en Filip – ook skool hou. 

Hulle eertydse skoolhoof, Mnr. Welgehawe, is steeds in sy pos. Die daaglikse lewe en uitdagings wat die onderwysers in die gesig staar, word binne en buite die klaskamer verken. 

Daar is Charl se pogings om dissipline te handhaaf, liefdesdriehoeke, aanlyn-flankeerdery, inspeksies en Filip se ongemak om gesinsvoorligting aan te bied. En dan die kersie op die koek: die groot bal wat vir fondsinsameling gehou word. 

ROLVERDELING

Tobie Cronjé is Mnr. Lieb Welgehawe
Juanita de Villiers is Ada Benade
Pieter Beyers is Earl Marais
Solomon Cupido is Charl de Bruin
Laura-Lee Moster is Driena Matthee
Jaco Muller is Filip Conradie
Condré Scholtz is Dwayne Benade
Milan van Vuuren is Olica Retief
Karin Retief is Selma Schoeman
Marijke van der Westhuizen is Olivia Retief
Ruanco Uckerman is Peach Potgieter

 

AGTER DIE SKERMS
André Velts: Kreatiewe vervaardiger en regisseur

Vandat ons die reeks begin ontwikkel het, het ons geweet daar moet ’n skoolhoof wees en dat Tobie sal die perfekte Mnr. Welgehawe sal wees. Ons is baie gelukkig dat hy die rol aanvaar het. 

Ons het saam met kykNET deur ’n oudisieproses gegaan om die perfekte kombinasie van akteurs te vind om die vyf vriende te vertolk. Die uitdaging was om seker te maak dat die rolverdeling oortuigend oorkom as vriende wat mekaar al amper 30 jaar lank ken.

Desiré Gardner: Hoofskrywer
Inspirasie vir stories is eintlik oral om ons en ek is mal daaroor om daardie stories te vertel; dit waarmee mense kan vereenselwig. Ek is geseënd om my lewe met my twee (tans laerskool-) kinders te deel, so ek sien baie mooi stories om my uitspeel en gebruik dit as inspirasie. 

Alhoewel van die temas se inspirasie uit die verbeeldingswêreld kom, is dit tog ook geanker in realiteit. Ek glo onderwysers is van die grootste juwele in ons samelewing en om ’n storie te vertel oor hulle doen en late, is ’n inspirasie op sigself.
 
Soné Combrinck: Uitvoerende vervaardiger
Pronk Primêr is by Irene Primary School in Irene, Centurion verfilm. Ons was baie gelukkig in die opsig dat die skool in Desember en Januarie eksklusief tot ons beskikking was en die grootste deel van verfilming gedurende die skoolvakansie plaasgevind het. 

Toe die skooljaar in Januarie begin, moes ons egter die skool se kinders en hulle aktiwiteite in ag neem, maar die filmspan se teenwoordigheid het ook groot opgewondenheid onder die kinders veroorsaak.

INTERESSANTE FEIT
Irene Primêre Skool is in Mei 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902) gestig en het vir die Boer-kindertjies in die Irene Konsentrasiekamp voorsiening gemaak. 

’n Interessante feit is dat Irene Primêre Skool meer as 120 jaar oud is en reg langs die Irene Konsentrasiekamp geleë is. 

Die skool het ’n ryk geskiedenis en die klaskamer waar kinders tydens die oorlog skoolgegaan het, het op die perseel behoue gebly. 

  • Pronk Primêr begin op Maandag 1 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144), DStv Stream en sal op Catch Up beskikbaar wees.