web uni tv guide
Plaasjapie

#Plaasjapie_Etienne

Etienne de Villiers

Bruilof- en geleentheidsbeplanner (Eienaar en uitvoerende hoof van ART Weddings & Events), Pretoria-Oos

Etienne is verloof aan Leo de Veer.

1. Hoekom het jy vir Plaasjapie ingeskryf?

Ek wou myself uit my eie gemaksone haal en uitvind of ek wel op ’n plaas kan funksioneer. My vriende het my ook uitgedaag om in te skryf, want hulle weet goed ek hou baie van die stad en om netjies te lyk. Plaasjapie het my heeltemal uit my gemaksone verwyder.

2. Beskryf jouself

Ek is ’n ekstrovert van kop tot toon, wat mal is oor mense. Ek vind my energie op ’n aand uit tussen vriende. Ek is ’n baie doelgerigte man wat wil hê dat dinge goed en reg moet verloop te alle tye.

3. Wat is die sterk punt(e) wat jy na Plaasjapie gebring het? 

Beslis my uitgesprokenheid. Ook dat ek veel meer van ’n fisiese bedreiging was as wat ek ooit sou kon raai. As ’n span het ons byna nooit ’n uitdaging verloor nie. Ek glo my mensekennis was ook een van die faktore wat my met Plaasjapie gehelp het.

4. Wat beskou jy as jou slegste eienskap?

Ek praat te veel! Andersins dink ek nie ek het regtig slegte eienskappe nie.

Donovan Plaasjapie
Jannie Plaasjapie
Etienne Plaasjapie