Sy is Bettie se ma en dit is duidelik dat sy ‘n klein-Isabel probeer groot maak. Sy is elke dag aangetrek soos iemand wat die Koningin van Engeland gaan ontmoet vir tee. Daar is niks meer belangriker vir haar as wat mense van haar dink nie. Dis asof sy probeer opmaak vir ander te kort kominge. Sy sal eerder sterf as om die reëls van die gemeenskap se morele kode te breek. Enige mens sou wat wou gee om ‘n ma en vrou soos sy te hê.