In die program, In Japan, Ja! gaan die twee aanbieders, Vanes-Mari du Toit en Hamilton Wessels, die Bokke volg op hul soektog na ’n derde Wêreldbekertitel. Vir tien weke gaan dié twee saam in Japan kuier, van die land se gewildste toeristebestemmings besoek en die gees van die Rugby Wêreldbeker 2019 beleef.