web uni tv guide
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG
Riaan Cruywagen

Riaan Cruywagen

Riaan Cruywagen is die langsdienende aanbieder van TV-nuus- en verwante programme in Suid-Afrika, met meer as 9000 TV-nuusuitsendings op sy kerfstok. Hy vier 51 jaar in die uitsaaiwese, waarvan hy die eerste 10 jaar as omroeper by die radio deurgebring het en die afgelope 41 jaar by televisie.

Hy het sy buiging as TV-nuusleser op 26 November 1975 gemaak ten tyde van die toetsuitsendings, nog vóórdat die amptelike uitsendings in Januarie 1976 begin het. Op 26 November 2012 het hy onder oorweldigende openbare belangstelling as TV-nuusaanbieder by die SAUK uitgetree.

Sy uittrede was van korte duur, want op 1 Februarie 2013 het hy hom as een van die aanbieders by kykNET se ontbytprogram Dagbreek aangesluit. Sedert Dagbreek beëindig is, bied hy kykNET Verslag elke tweede weeksaand om halftien aan.

Hy het van 1971 tot 1974 as Afrikaanse radio-omroeper by Radio Nederland Wêreldomroep in Hilversum, Holland gewerk.

Van 1981 tot 1984 was hy die SAUK se verteenwoordiger in die VSA, Kanada en by die Verenigde Nasies, en het hy in Washington DC gewoon.

Riaan en sy vrou Riana is 45 jaar getroud en woon in Randburg. Hulle het een getroude dogter en drie kleinkinders.