01 Augustus
40 - 50 koekies
Gebak
3
SARIE-tydskrif se kosredakteur, Herman Lensing, het dié hondekoekie-resep met ons gedeel.
180 ml pampoenpuree
60 ml suikervrye grondboontjiebotter
2 eiers
420 g volgraanmeel (plus ekstra vir uitrol)
100 g fyn biltong
Volgens Herman, bak hy dié koekies gereeld vir sy eie honde. “Sorg dat jy suikervrye grondboontjiebotter gebruik, en onthou, nie meer as een koekie per dag nie,” sê hy.
Verhit die oond teen 180 °C. Meng al die bestanddele saam tot sagte koekiedeeg vorm – voeg ekstra meel by as dit te nat is. Voer twee groot bakplate uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sprinkel ekstra meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik koekiedrukkers met vorms van jou keuse en druk koekies uit.
Plaas op bakplaat en bak 20 tot 25 minute, of tot goudbruin. Laat afkoel en roep vir Wagter!