Lundi Khoisan kom oorspronklik van Wellington in die Boland, vandaar die kenmerkende bry. Sy bied tans ‘n radio-program aan op Mix 93.8 FM (DStv kanaal 823), is ‘n lektor in radio- en televisie-aanbieding aan die Universiteit van Pretoria en ‘n stemkunstenaar vir oorgeklankte TV sepies. Sy beskryf haarself as so-gemaak-en-so-laat-staan.