web uni tv guide
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG
Lourensa

Lourensa Eckard

Lourensa Eckard het haar joernalistieke loopbaan by die dagblad Beeld in 2012 begin. Gedurende daardie tyd het sy verslag gedoen oor ’n verskeidenheid nuusgebiede, insluitend misdaad, politiek, vermaak en die ekonomie.

Sy het ook vir RapportCity Press en Netwerk24 berigte geskryf, en was ook verantwoordelik vir die saamstel van multimedia-pakkies.

In 2014 het sy haar TV-loopbaan as veldverslaggewer by kykNet Verslag begin.

Sy het joernalistiek aan die Universiteit van Pretoria studeer en het haar BPhil aan die Universiteit van Stellenbosch in 2011 voltooi.