web uni tv guide
web uni tv guide

Die GROOT Ontbyt

144AktualiteitPG
Meliena 2

Ira Blanckenberg

Ira Blanckenberg behaal haar B.dram.hons graad aan die Universiteit Stellenbosch. As professionele teater-aktrise speel sy onder andere in “Othello”, “Kat-en-muis-speletjies”, “Oom Anton By Die See”, “Pa” en “Drif”. Tydens 2018 se Woordfees debuteer Ira met haar eenvrouvertoning, “Haal Asem”, waarvan sy ook die teks self geskryf het, met regie deur Marí Borstlap. Die produksie speel sedertien vir volhuise by Vrystaat kunstefees, KKNK asook Innibosfees. In 2017/2018 toer Ira en Waldemar Schultz met “Die Heel Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte” onder leiding van Juanita Swanepoel en ontvang hiervoor ’n Woordtrofee- nominasie. In 2016 tree sy op as hulpregisseur van “Kristalvlakte” deur Amy Jephta, met talle van die spelers genomineer vir fees- en Fiëstatoekennings. Onlangs regisseur sy Mike van Graan se “Two to Tango” by die Grahamstadfees asook Hilton Arts Festival. As televisie- aktrise word sy onder meer onthou vir haar vertolkings in “Egoli”, “Binnelanders” en “7de Laan”. Sy het verskyn in “Die Byl“, “Boland Moorde 2” en in 2018 vertolk sy die rol van Bernice  in  “Suidooster”,  en  verskyn in ”Fynskrif”.                       

Sy was ook te sien in die kortflims “Vloeksteen”, “Toevlug” en “Sussie“. Sy vertolk die rol van die voog in Jozua Malherbe se “Griekwastad”. Ira is reeds ’n hele paar jaar betrokke by die ATKV-Tienertoneelkompetisie as nasionale beoordelaar en is ook reeds 10 jaar aan die stuur van haar eie dramaskool, Stageright Drama, waar sy leerders van gr.1-12 afrig in Toneelspel en Dramategnieke, asook vir eisteddfoddeelnames, kompetisies en ritse produksies.