Logo
Die brug S1 Slim BB

#DieWingItOu #DieBrug_Arnold

Die Wing-It Ou

Arnold Bosman (44) is van Pretoria en werk as ’n ontwerper en tekenaar. Hy is daardie wing-it ou. “Ek sê altyd live in the now. Klim in en blêrrie doen dit.”


Arnold is iemand by wie jy onmiddellik kan aanklank vind. Hy beskryf homself as lojaal, eerlik, reguit en ’n lekker mens. Maar hy is ook ’n wilde bok. Hy kan impulsief wees en het nie altyd ’n wag voor sy mond nie. Hy lees en luister graag selfhelpboeke, boeke oor tegnologie en gevegskuns soos Krav Maga, Kali en Escrima. Hy was ongeveer 20 jaar gelede in ’n motorfietsongeluk, en dokters het gesê hy sal nie weer kan loop nie. Hy was vir bykans ’n jaar in ’n rolstoel, maar het heeltemal herstel. Sy uitkyk op die lewe is positief met ’n goeie balans tussen lig en donker. Hy glo ’n mens het albei nodig om jouself te motiveer en ten volle te leef. Arnold wil Die brug wen, want hy wil graag sy eie besigheid begin wat spesialiseer in die bou van klein eko-huise en CNC-platpaneelprodukte. Dit sal hom ook die nodige hupstoot gee om na die mooie Kaap te kan verhuis.

Die brug Jamie le Roe
Die Brug Iana Strydom
Die brug Arnold Bosman