web uni tv guide
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Theltom se trots – Arendsvlei

Nuus
16 Maart 2020
Ons het met Theltom Masimila gesels oor Arendsvlei se SAFTA-benoemings.
1

Arendsvlei se talle benoemings vir vanjaar se SAFTA’s kom as geen verassing vir aanhangers van die reeks nie. Dié gewilde reeks het onmiddelik ’n impak gehad op kykers se weeksaande en die reeks se skepper, Theltom Masimila, kan nie meer trots wees op hoe sy reeks ontvang is nie. Ons het met Theltom gesels oor die reeks se sukses en die talle nominasies wat Arendsvlei ontvang het by dié jaar se SAFTA’s.

Hoe voel dit om genomineer te word vir ’n SAFTA?

Dis ’n absolute voorreg om erkenning te kry vir hierdie wonderlike produksie. Die span werk verskriklik hard en die nominasies laat ons voel die ure wat ons insit en die passie agter ons kuns word raakgesien. En dis nie net ’n nominasie vir Penguin Films en Kyknet nie, dis erkenning vir die mense van die Kaapse Vlakte  en hul stories.

Het jy gedink Arendsvlei sal soveel nominasies kry? 

Ek het geweet ons het ’n uiters talentvolle span wat voor en agter die kameras werk. En kykNET reekse staan gewoonlik uit bo die res so ek het verwag dat ons vir iets genomineer sou word - ons was net opgewonde om te sien in hoeveel kategorieë Arendsvlei verskyn. Ek is baie gelukkig met die 9 nominasies ook aangesien dit die eerste kykNET-telenovela is en enigste Afrikaanse-telenovela wat met nominasies spog.

Wie en wat het ’n groot bydrae gehad tot jou sukses?

Die nie my sukses nie, maar ons sukses. Die produksie sou nie moontlik gewees het sonder Penguin Films en veral Roberta Durrant se leiding nie. My ma het my al die jare bygestaan toe ek die reeks geskryf en voorgelê het aan die kanaal, so sonder haar ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het nie.

Hoekom dink jy het Arendsvlei so vining ’n impak gehad op die televisie-industrie?

Ek glo dis omdat die stories uit die Kaapse Vlate kom deur en die mense van die gemeenskap vertel word. As mense toegelaat word om hul eie stories op ’n opregte eerlik manier te vertel sonder dat hulle forseer word om weg te beweeg van hul waarheid is jy gewaarborg dat dit outentiek sal wees en aanklank sal vind by ’n brieër gehoor. Die stories wat ons vertel kom uit die hart uit so dit praat met almal.  

Bly op hoogte met al die drama elke Maandag tot Woensdag en gesels saam op FacebookTwitter en Instagram!