web uni tv guide
1 Spoor avonture S1 SP BB
web uni tv guide

1 Spoor Avonture

144Realiteit18

seisoen

1

1 Spoor avonture S1 Poster

Vir die drie manne op hul avontuurmotorfietse kan die grondpad nie gou genoeg kom nie. Of uitdagend genoeg wees nie. 

S1 | E1
07 Oktober 17:30
'S1/E1'. Voordat die ryers hul toer aanpak, stop hulle eers op 'n plaas buite Amersfoort, waar hulle op 'n praktiese man...

1 Spoor Avonture: ’n Splinternuwe reeks vir avontuurmotorfietsryers wat jou gaan inspireer om sélf die spoor te volg

News
18 September 2024
Wees gewaarsku, as jy nog nie vantevore lus gehad het om die wêreld op twee wiele te takel nie, gaan hierdie reeks op kykNET jou beslis ander idees gee!
1 spoor avonture S1 Article Image

Wees gewaarsku, as jy nog nie vantevore lus gehad het om die wêreld op twee wiele te takel nie, gaan hierdie reeks op kykNET jou beslis ander idees gee! Daar gaan by verafgeleë en onbekende plekke ingeloer word wat so deel is van die Suid-Afrikaanse landskap as ’n boer met ’n bakkie.

Vir die drie manne op hul avontuurmotorfietse kan die grondpad nie gou genoeg kom nie. Of uitdagend genoeg wees nie. Hierdie reeks gaan jou motiveer, jou inspireer en jou met nuwe oë na motorfietsryers laat kyk. Kort voor lank mag jy dalk self een wees!

1 Spoor Avonture is die breinkind van André de Villiers, oftewel Andre4x4, die reisende onderwyser Franswa Smit en die man met die praktiese oplossings en planne, Hans Strydom.

Daar is ook nie net ’n enkele handelsmerk-avontuurmotorfiets wat aan die strawwe ritte onderwerp word nie. Elkeen van die drie het hul eie voorkeur vir twee wiele.

André, afkomstig van Wellington in die Boland, takel gereeld die grondpad op sy Harley Davidson Pan America Adventure-motorfiets wat hy My 2x1 noem. Grondpadryers het hom heel waarskynlik al verskeie kere met sy kenmerkende oranje valhelm gewaar . . .

Op sy beurt bevind Franswa, stigter van MyBike Adventures & Touring (MBAT) en Motor Cycle Camping South Africa, hom op sy BMW GS 1200 genaamd Vasco. Deur sy avontuurmotorfietstoere het hy die afgelope drie jaar daartoe bygedra dat afgeleë plekke ook finansieel daarby baat vind.

Hans, mede-eienaar van MyBike Adventures & Touring (MBAT) se voorkeur-avontuurmotorfiets is die Honda Africa Twin. Net soos die ander twee, het sy motorfiets ook ’n naam, heel gepas Ratel. Boonop is Hans aan die hoof van verskeie Facebook-profiele wat oor motorfietse handel, waaronder die South African Honda Africa Twin-, die Honda CRF100- en die 1100L South Africa-groep.

“Daar is ’n sekere bekoring in die vryheid om die grondpad op ’n motorfiets aan te durf. Die gebrul van die enjin onder jou, die ongerepte natuurskoon wat jy bereik, die kameraderie van ’n groep ryers wat saam ontdek, die impulsiewe roetes wat gevind word – dit is die rede vir ons 1 Spoor Avontuur,” sê André.

Maar onthou, dis nie net ’n kwessie van ’n avontuurmotorfiets koop en daar trek jy dat die stof so staan nie. Nee, dit verg finesse, avontuurlus en baie beslis die raad van kundiges voordat jy die grondpad op twee wiele takel.

“Dit is belangrik om die regte veiligheidstoerusting aan te skaf en beslis ’n kursus te deurloop waar hulle jou leer hoe om jou fiets te hanteer,” is André se wyse raad.

Een van die belangrikste dinge om altyd in gedagte te hou, is die Engelse uitdrukking: ATGATT. Dit staan vir “All the gear, all the time”. Bly liewer ’n toeskouer as ’n deelnemer as jy hierdie raad ignoreer.

André, Franswa en Hans is ook meer as bereid om voornemende ryers advies te gee met wat aangeskaf moet word.  En tussendeur gee André ook raad vir die pad vorentoe wanneer jy lus is om jou motorfiets-stewels aan te trek.

“Dit verg goeie beplanning om te weet waarheen jy beoog om te ry en die mense naaste aan jou te laat weet van jou planne, veral as jy die onbekende invaar waar daar nie noodwendig selfoonseine is nie. Ten minste het hulle dan ’n idee waar om na jou te soek sou iets met jou gebeur.

“Beplan ook wat jy gaan saam met jou gaan neem. Jy wil graag so lig as moontlik pak, anders is die fiets te swaar en gaan jy sukkel. Dit kan in ’n slegte ervaring ontaard.  

“Laaste, maar nie die minste nie, geniet die vryheid en die ongerepte natuur, want dis ongelooflik lekker om dit op ’n motorfiets te ervaar.” 

1 Spoor Avonture word vanaf Maandagaand 7 Oktober vanaf 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Nog Programme

DStv Catchup
Binnelanders S14 Poster

Binnelanders

19:30 | 01 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Nêrens, Noord-Kaap

Nêrens, Noord-Kaap

20:00 | 01 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Bolhuis beslis

Bolhuis Beslis

21:00 | 01 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Op pad met my potjie

Op Pad Met My Potjie

03:30 | 02 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Su-an (en so aan) sluit aan by Die GROOT Ontbyt

Die GROOT Ontbyt

06:00 | 02 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Met n huppel in die stap S15 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 02 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 02 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Rian van Heerden

Wie Word 'n Miljoenêr?

20:00 | 02 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Wies nuus Poster S4

Wie's Nuus

21:00 | 02 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Glam Guru S23 Poster

Glam Guru

17:30 | 03 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Boer soek 'n vrou S16 poster

Boer Soek 'n Vrou

20:00 | 03 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Vat jou goed en trek S11 Poster

Vat Jou Goed En Trek

17:30 | 04 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Waar daar n wil is S1 Poster

Waar Daar 'n Wil Is

18:30 | 04 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Ontbytsake S11 Poster

ontbytSAKE

07:30 | 05 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Die groot niks S2 Poster

Die Groot Niks

18:00 | 05 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Kwela S26 Poster

Kwêla

01:00 | 06 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Fiesta S26 Poster

Fiësta

18:00 | 06 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Elwira, ’n bekende Pinkster-sangeres, volg vir Jonathan Rubain op wat ná vier jaar en 268 episodes die tuig neergelê het.

Koortjies Met Elwira Standili

19:00 | 06 Okt
web uni tv guide
Kanaal
145
DStv Catchup
Diepe waters S3 Poster

Diepe Waters

18:30 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
banana air

Banana Air

20:00 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
In gesprek

In Gesprek

20:30 | 07 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Lat wiel S31 Poster

La't Wiel

17:30 | 08 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Laataand by Rian S3 Poster

Laataand By Rian

21:00 | 08 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144
Lottoland help n dorp S3 Poster

Lottoland Help 'n Dorp

21:30 | 09 Okt
web uni tv guide
Kanaal
144