Logo
Die brug S1 Slim BB

Vuilspel – Die brug

Nuus
02 November 2023
Vind uit watter #DieBrug-spelers sonder twyfel sal vuil speel om te wen.
Die brug

Die brug is ’n kompetisie vol kinkels, drama en reuse besluite wat ’n impak het op almal wat speel. Alhoewel die gees in die kamp baie positief is, weet al die deelnemers dat hulle moontlik binnekort hulle hande gaan moet vuil kry en op verskeie vlakke kompeteer vir die voorreg om die een te wees om oor Die brug te stap.

Met hierdie in gedagte het ons by die deelnemers uitgevind of hulle bereid is om vuil te speel vir die prysgeld en hoe kompeterend hulle is.

#DieBrug_Geo


Vuil speel? Nee. Hard speel? Sonder twyfel:

“Ek sal nie buite die reëls van die spel speel nie, nee. Ek glo ’n goeie speler in enige spel is die een wat dit die beste kan doen binne die reëls van die spel, dit is tog die uitdaging.  Ek sal egter hard speel en skuiwe maak al kan dit moontlik ’n ander speler benadeel.”

Geo hou so baie van kompetisie dat hy en sy vrou mekaar gereeld tydens lockdown uitgedaag het:

“Gedurende die lockdown het ek en my vrou 20 uitdagings opgestel en teen mekaar gekompeteer.  Sy is gelukkig/ongelukkig net so kompeterend soos ek. En dan of dit ’n sosiale golf of poker game is, wil ek graag wen.”

#DieBrug_Marna

Marna sal vuil speel as dit nodig is, maar haar gevoelens oor kompetisie is baie duidelik:

Second place is just the first place loser.”

#DieBrug_William

William beskou homself nie as ’n vuil speler nie, maar #DieBrug mag dit dalk verander:

“Ek's ’n man van my woord en lui ’n eerlike en opregte lewe en om die regte ding te doen bring blydskap vir my siel. Maar ek’t nog nooit vir R1 miljoen gekompeteer nie en mag dalk die situasie verander as ek moet.”

Dié deelnemer beskou homself ook as ’n wenner, maar dit was nie altyd die geval nie:

“Ek is kompeterend. Ek hou van wen. Ek het myself geleer om te wen, maar ek moes eers baie verloor om my wenne saak te laat maak. Ek leer baie uit my verloor en dis hoekom ek nie eintlik verloor nie.”



#DieBrug_Sam

Sam sal vuil speel vir die pret daarvan, maar niks meer nie:

“Ek het al gekroek in boardgames, want dis half deel van die fun om uitgevang te word tussen goeie vriende. Maar ek sal nie iemand seer maak, fisies of emosioneel, om voor te kom nie.”

Sam geniet ook die opwinding van kompeteer met ander:

“Ek meet myself eintlik te veel teen ander mense, maar ons vat weer boardgames as ‘n voorbeeld: ek is gewoonlik die een wat klip hard skree in 30 Seconds en glad nie kan sit deur die game nie want dis te exciting.”

#DieBrug_Jamie

Jamie sal “nie sommer” vuil speel nie, maar sy is beslis kompeterend:

“Ja, ek kan wees veral as dit is in iets wat ek vaardig mee is. Ek sal altyd overprepared wees as ek moet/kan om net die beste te kan wees.”


#DieBrug_Iana

“Ek sal nooit kroek nie (as dit is wat julle bedoel met vuil speel). Ek sal doen wat gedoen moet word om te wen, maar op 'n regte en regverdige wyse.”

As dit kom by kompetisie, neem Iana dinge baie ernstig op:

“BAIE, soms te veel. Ek hou nie van verloor nie, en kan ongelukkig raak as ek verloor. Ek kan nogals kwaad raak vir myself as ek stupid foute maak wat my wen gekos het. Ek was sport HK gewees vir my koshuis en ek het ons girls baie gedruk om goed te doen met sport, omrede ons baie talent gehad het, maar niemand het ons ooit gepush om beter te doen nie. Toe ons nou partykeer hier en daar verloor het, hou het dit ’n slegte smaak in my mond geplaas en soms sal ek selfs begin huil. Ek en my kêrel het ook nou die dag gaan padel speel, toe verloor ons en elke keer as hy in die net vas slaan dan sal ek iets vir hom se. ons sal dan ’n vinnige woordewisseling hê, maar dan is als weer fine. Ek het darem geleer om my kompeterendheid te hanteer. OE! selfs as ons Fortnite speel en my kêrel help my nie betyds nie en ons word dood geskiet kan ek geïrriteerd raak omdat ons verloor.”



#DieBrug_Robert

Robert sal so vuil speel soos solank as wat dit “binne die reëls” is en het die vermoë om enigiets ’n kompetisie te maak:

“Ek sal van ń vriendskaplike tennis game saam met my vrou ’n Wimbledon-finaal maak.”

#DieBrug_Arnold

Arnold glo nie dat hy ooit sal vuil speel nie, maar is definitief gedrewe om te wen:

“As ek my kop op iets sit dan laat ek niks in my pad staan nie.”

#DieBrug_Avril

Avril sal vuil speel sonder om twee keer te dink en is gemaak om te wen:

“Verskriklik, ja, definitief. Winning is my protocol.”



#DieBrug_Nonnie

Nonnie sal nooit vuil speel nie, maar sy geniet gesonde kompetisie:

“Nie soseer om altyd te wen nie, maar om darem ’n goeie teenstander vir die ander persoon te wees...en as ek wen is dit great. Ek wil nie noodwendig die skaak game wen nie, maar die ander persoon kan nie speel as ek nie daar is nie so ek probeer my bes om om hom te wen sodat hy darem kompetisie het so I give it a good go. Maar dit maak my nie ’n beter of slegter persoon nie.”

#DieBrug_Tina

Tina het die vermoë om vuil te speel, maar dit sal vir haar swaar wees om te doen. Sy is egter beslis kompeterend as dit kom by een ding:

“Ek gun almal 'n plekkie in die son, maar wanneer dit kom by geld, is ek kompeterend op 'n gesonde vlak.”

#DieBrug_Larry

Ons is nie 100% seker dat Larry nie sal vuil speel nie:

“Nie vuil speel, meer strategic moves.... met ’n slagoffer of 5 in die proses.”

Larry dink ook dat om kompeterend te wees nie ’n slegte ding is nie:

“Ja, my hardloop maters wil altyd by my weet hoekom ek gedurig net vinniger as hulle will wees. Ek voel om kompeterend te wees stel ’n benchmark vir jou effort... dit dwing jou om harder te werk, beter te dink, skerper te wees in execution.”



Leer ken al die spelers beter deur elke Dondedag om 20:00 in te skakel en gesels saam deur die hutsmerk #DieBrug op  FacebookXInstagram en TikTok te gebruik.