web uni tv guide
web uni tv guide

Vat Jou Goed En Trek

144RealiteitPG

"Vat jou goed en trek": Nuwe deelnemers word gesoek

Nuus
05 Augustus 2024
Nou is jou kans om jou naam in die hoed te gooi en moontlik een van die deelnemers te wees van die nuwe seisoen van "Vat jou goed en trek".
VJGT CTE S11

Woon jy in Gauteng en wil jy graag jou huis verkoop, maar daar is daardie een vertrek wat net nie lyk soos wat jy glo dit kan nie? Nou is jou kans om jou naam in die hoed te gooi en moontlik een van die deelnemers te wees van die nuwe seisoen van Vat jou goed en trek.

Sedert die eerste reeks, wat in Oktober 2015 op kykNET uitgesaai is, het verskeie eienaars se huise wat onder die aanbieder Henck Conrey en sy span se hande deurgeloop het, verkoop. “Nie net dit nie,” sê Henck, “ons het hulle ook gehelp om hulle droomhuis te kry.”

Hy sê die ideale deelnemer is persone wat hulle huis wil verkoop, maar eers opknappings moet aanbring voor hulle dit op die mark kan sit. “Dis natuurlik ook belangrik dat hulle die beste moontlike prys vir hulle huis kry.”

Hoe word daar op die deelnemers besluit?

“Ons kyk na foto’s van die eiendom en besluit of ons enige opknappings kan aanbring wat die waarde sal lig, ons luister na die eienaar se storie en dan kies ons die deelnemers wat in die elfde seisoen van Vat jou goed en trek sal verskyn,” sê hy.

Vir die nuwe seisoen, gaan daar weer groter opknappings gedoen word. “Ons werk saam met die beste agente en kontrakteurs in die bedryf om die eiendom suksesvol te bemark en te verkoop,” aldus Henck.

Wat moet jy doen om in te skryf? Gaan na kyknet.tv vir meer inligting oor hoe jy jou inskrywing kan stuur. Die inskrywings open vandag en sluit op 6 September. Die program word later vanjaar op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.