web uni tv guide
web uni tv guide

Laataand By Rian

144Geselsprogram13

Tussen tonele met Rian van Heerden

Nuus
10 Oktober 2024
Ons het die bekende omroeper, vervaardiger en TV-persoonlikheid beter leer ken!
Rian van Heerden

Rian van Heerden is iemand wat nooit stil staan nie en skynbaar altyd werk aan ’n nuwe projek! As hy nie gewilde programme aanbied nie bring hy gereeld splinternuwe vermaak na die kassie. Ons vind meer uit oor dié TV-legende.

Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe? (Items waarsonder jy nie kan lewe nie)

Ek is nooit sonder my selfoon of ‘n Red Bull nie! Die selfoon hou my die heeltyd op hoogte met wat in ‘n produksie aan die gang is waarmee ons besig is terwyl ek op stel is en die Red Bull het oor die jare (behalwe vir die energie) ‘n tipe gelukbringer geword!



Jy is 'n vervaardiger en 'n aanbieder op verskeie TV-programme: Watter element van televisie geniet jy die meeste?  

Ek dink beslis vervaardiging. Ek geniet dit deesdae ongelooflik baie om ander mense se stories te vertel. Ons het soveel ongelooflike stories in ons land en dit is ‘n voorreg om ‘n klein rolletjie te kan speel om van hulle te vertel.

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander aanbieder/ persoon op stel wat jou geïnspireer het?

n Mitchells Plain het ‘n paartjie wat gaste is op ons “Herders” program my geleer dat ware geluk en vrede bereikbaar is al het jy dit nie breed nie.

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET/Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogals graag daarin wil speel?

Gee my ‘n ou rolletjie in Diepe Waters! Solank ek net nie my hemp hoef uit te trek nie!



Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het?

My katte motiveer my. Kieter en Vincent. Vincent is ‘n Maine Coon met net 3 bene. Maar die entoesiasme waarmee hy elke middag huis toe hardloop as ek voor die garage stop wys my dat ek dalk nog iets reg doen!

Wat is jou motto in die lewe?

Dare to be Great.

Het jy ’n geheime talent waarvan ons nie weet nie? 

Ek maak ‘n absolute wenner van ‘n potjie!

Skakel elke Woensdag om 20:00 in vir Wie word ’n miljoenêr en elke Dinsdag om 21:00 vir Laataand by Rian op #kykNET, kanaal 144. Stroom ook nou alle episodes van Bolhuis beslis op DStv Stream.