Logo
web uni tv guide

Een Keer Om Die Son

144Drama13 V

Tussen tonele met Ivan Botha

Nuus
16 Julie 2024
Ivan Botha benodig geen bekendstelling nie! Ons het meer gaan uitvind oor “Een keer om die son” en waar die storie-vertel gogga gebyt het.
Tussen tonele met Ivan Botha

Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe?

My rugsak: iPad (Al die tekste is op dit en my idees 😉), My directing-hoed, want na die eerste uur van my hande in my hare, lyk dit rof op die kop. Iets om aan te kou, (chippies). En 'n glimlag. Haha.

Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Een keer om die son
Gallery
Een keer om die son

Is daar ’n aspek van jou beroep wat jy meer geniet? En hoekom? 

Regie, as regisseur is ek met alle aspekte van die proses betrokke: Dit is ongelooflik om 'n visie te sien lewe kry, om 'n span mense saam in 'n pot te gooi en aan die roer te wees van dit en dan te kan sien hoe almal se harde werk iets ongelooflik gemaak het.

Wanneer het die gogga gebyt om jou eie projekte te begin skryf en vervaardig?

 Al van universiteit af; ek het in regie en teks gespesialiseer, maar na BAKGAT 1 en my pad met Danie Bester gekruis het, het ek besef ek wil deel wees van die groter proses. Maar dis eers toe ek en Donnalee saam begin werk het aan Pad na jou hart, wat ons dit voltyds deel van ons loopbaan gemaak het.

Indien jy kan, watter een van die karakters wat jy al vertolk het was jou gunsteling en hoekom?

Ooooo, dit is soos om te vra wie is jou gunsteling kind. Maar Wimpie sal altyd special wees, Basson van Pad na jou hart en Jasper in Beurtkrag was ook lekker.

Watter rol het jou al die meeste uitgedaag in jou loopbaan en hoekom?

Die van pa wees, haha (dad joke), moes net. Uhm, ek sal sê Jasper in Beurtkrag, ek moes diep gaan grou vir die emosies en Jozua Malherbe, ons regisseur, het ons gedruk.

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander akteur/ persoon op stel wat jou geïnspireer het?

Elke dag as ek met akteurs of crew werk is 'n leer dag: Ek het soveel op die stel van Een keer om die son geleer – geduld en dankbaarheid om te doen waarvoor ons lief is, is en bly 'n voorreg. Daar is soveel mense wat  droom om die geleentheid te kry en ons het die kans om dit te doen.

Saam met watter persoon in die industrie sal jy nog mee wil werk eendag?

Local: Donovan Marsh as regisseur en internasionaal: David Fincher

© Getty Images

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET of Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogal graag daarin wil speel?

Een keer om die son, haha. Wag ek speel reeds daarin. Koek op Showmax sou pret gewees het.

Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het? 

My kids en ongelooflike vrou maak alles die moeite werd. Hulle is alles.

Wat is jou motto in die lewe?

Dinge het net soveel krag soos wat jy dit gee.

As jy enige ander celebrity moet speel, plaaslik of internasionaal, wie sal dit wees en hoekom?

Francois van Coke, rock ‘n roll! Ek dink daar is 'n ongelooflike mooi storie agter sy journey

© Getty Images

Skakel Dinsdae om 20:00 in vir #EenKeerOmDieSon op kykNET, kanaal 144 en gesels saam op Facebook, Instagram, X en TikTok. Vir altyd, Stroomop en Beurtkrag is ook beskikbaar op Showmax.