Logo
Arendsvlei S6
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13 V

Tussen tonele met Craig Adriaanse

Nuus
23 Mei 2024
Jy kan deesdae nie jou TV aanskakel sonder om nie vir die jong akteur, Craig Adriaanse te sien nie!
Tussen tonele met Craig Adriaanse

Ons het vinnig met hom opgevang tussendeur sy besige skedule.

Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe?

Ek neem altyd my waterbottel saam werk toe! Dis vir my baie belangrik om deur die loop van die dag soveel water te drink as wat ek kan. 

Indien jy kan, watter een van die karakters wat jy al vertolk het was jou gunsteling en hoekom?

Ek het nie ‘n spesifieke gunsteling-karakter wat ek al voorheen vertolk het nie omdat elkeen van hulle ‘n storie van hul eie het. Elke karakter laat my iets anders voel.

Watter rol het jou al die meeste uitgedaag in jou loopbaan en hoekom?

Ek dink my karakter, Wesley Rossouw in Arendsvlei was bietjie uitdagend omdat ek soveel bewustheid aan die kykers gebring het en dit was vir my baie belangrik om die karakter so eerlik as moontlik te vertolk omdat die storielyn gebaseerd is op wat daagliks gebeur. 

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander akteur/ persoon op stel wat jou geïnspireer het?

Ek was onlangs net herinner om te fokus waarop ek tans besig is. Partykeer is jou dag baie vol op stel en jou kop kan maklik na tonele toe beweeg wat eers later in die dag verfilm word, maar dis belangrik om te fokus aan waarop jy daardie oomblik besig is. 

Saam met watter persoon in die industrie sal jy nog mee wil werk eendag?

Ek het al met soveel amazing akteurs en aktrises gewerk, maar sal graag eendag met Kim Engelbrecht wil werk. 

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET of Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogal graag daarin wil speel?

Ek het onlangs vir Spinners op Showmax gekyk. Baie goeie reeks met soveel aksie. 

Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het?

Ek sal gewoonlik die musiek bietjie harder as gewoonlik in my kar speel en dan ook gaan gym. Dis belangrik om ‘n metode te vind wat vir jou werk. 

Wat is jou motto in die lewe?

Ek het meer as een! Maar as ek een moet noem: Dat ek hoef terug te staan vir niks nie. My ma sê dit altyd vir my, en dis wat ek met my dra. 

Skakel Dinsdae om 20:00 in vir nuwe episodes van Juffrou X op kykNET, kanaal 144 en weeksaande om 18:00 vir Suidooster, maar moet ook nie vergeet om White Lies te binge op DStv Stream nie.