As jy tussen die ouderdom van 6 en 9 jaar oud is en wil deel wees van die Kyk wie praat- klas van 2024, stuur vir Oom De Klerk ’n video waar jy die volgende vrae beantwoord:
● Moet asb nie die antwoorde vooraf oefen nie. Ons soek spontane reaksies!
● Onthou daar is nie regte of verkeerde antwoorde nie, Oom De Klerk wil weet wat JY dink.
Vrae:
- Wat is jou naam?
- Hoe oud is jy?
- Wat dink jy is ’n hommeltuig?
- Dink jy dis lekker om die president van Suid- Afrika te wees? (Hoekom?)
- Vertel my van die beste uitstappie waarop jy al was?
Whatsapp jou video na 0712097663 voor 25 Augustus 2024.
Stuur ook ’n Whatsapp-boodskap met die volgende inligting, saam met jou video:
- ’n Kop-en-skouers foto van jouself
- Jou naam en van
- Geboortedatum
- Ouderdom
- Graad
- Ouer/Voog se naam en van
- Kontaknommer
- Fisiese adres
- Epos adres
- Geen video’s sal aanvaar word as jy jonger of ouer is as 6-9 jaar nie.
- Geen video’s sal aanvaar word na die sluitingsdatum nie. ( 25 Augustus 2024 om 22h00 )
- Opnames vind tussen 16 SEPTEMBER 2024 – 02 November 2024 in Kaapstad plaas.
- Slegs ouers of wettige voogde van kinders mag video’s instuur.
- Die selfoonnommer waarheen oudisies gestuur word, word gemonitor en inligting word beskerm deur een gemagtigde persoon.
- Alle inskrywings sal deur ‘n keuringsproses gaan. Deelname aan Kyk wie praat, word nie gewaarborg nie.
- Probeer asseblief om die video’s onder twee minute te hou.
- Hierdie videos word slegs vir interne oudisies gebruik en word op geen manier versprei nie.