Logo

Romanse op ’n bord – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
14 November 2018
“Die deeg is gegooi, en nou kom al die lekker dinge net by.”
BSV-Chemistry

FOTO: Getty

 

Die boere en hul gaste het onlangs om die kospotte in die mooie Jacobsbaai gekuier. Ons wou agter die skerms by die deelnemers weet watter dis die vonk tussen hom/haar en die boer goed opsom.

Corrine meen die maaltyd wat die chemistry tussen haar en Boer André die beste beskryf, is ’n glas rooiwyn (dit raak ál beter hoe langer dit staan) en ’n stukkie steak (taai, maar lekker!).

Lea-Mari dink dadelik aan ’n pizza. “Die deeg is gegooi, en nou kom al die lekker dinge net by – tot die stap waar jy dit in die oond gaan sit, en dan is dit gaar!”

Madelé kies ’n hamburger, want “daar is nog báie layers om deur te werk.

“Ek trek nou eers by die broodjie soos wat ek hom leer ken. Ek hoop maar ek gaan hom beter leer ken op die plaas!”

“Ek wou heeltyd aan sy arm vat, so ek dink dis ’n goeie teken!” – Natasha.

Christelle sê ’n “hearty, slow-cooked roast op ’n Sondagmiddag” beskryf die gemaklikheid tussen haar en haar en Boer Duncan die beste.

Kelly kies ’n Thaise groenkerrie, omdat dit ’n mens se mond nie té veel laat brand nie. Sy meen daar is ’n klein vonkie tussen haar en die boer. “Ek is nie die tipe wat flirt nie, veral nie wanneer daar nog meisies is nie.”

Vir Louise is dit “seker maar sjokolade”, omdat dit haar aan die nagereg laat dink wat hulle tydens die groepafsprake voorberei het. Hulle het die sjokolade op die ou einde net opgesny en in ’n bakkie gegooi. “Dit was net fun en spelerig,” sê sy.

Kuier om die kospotte – blaai deur die foto’s:

Gallery

Michelle en Rox-Zee kies beide, nes Boer André se Lea-Mari, pizza vir hulle en Boer Rèan. “Ek is mal, mal, mal oor pizza! Dit moet die hoofdis by my troue wees,” sê Michelle.

Rox-Zee en die boer se pizza het heelwat bolaag-kombinasies, sê sy. Sy meen hulle het ’n “goeie basis” vir ’n verhouding; nou moet hulle net besluit wat om op die pizza te los, en wat liefs moet afkom.

Minette dink lasagna som dit die beste op, want die boer is ’n “warm mens”.

Die dis wat die beste by Adriaan en Boer Toanette gaan pas, is potjiekos. “Hy wil-wil begin brand, maar daar is nog nie genoeg hitte dat ’n mens vir seker kan weet of hy heeltemal gaan brand nie.”

Vir Carlo is dit definitief iets spicy. “Jy gaan nie weet wat volgende kom nie!” sê hy.

Nardus dink die beste beskrywing is ’n bord kookkos – lekker en gemaklik.

Is Cassie se dames gereed vir meer tyd saam met die boer op die plaas? Is daar darem al ’n vonk of twee? wou ons weet:

Alyssa sê hoewel dit te vroeg is om oor verliefdheid te praat, is Boer Cassie darem mooi om na te kyk. “Ek kan nie sê of daar ’n definitiewe spark was nie, maar daar was darem iets!” gesels sy na afloop van die groepafsprake.

Linnaé dink nie daar spat al vonke nie, maar sy hou van die boer se goeie eienskappe, soos sy eerlikheid en lojaliteit. “Hy is baie oop. Dis vir my baie belangrik, want ek is die tipe mens wat baie wyd dink oor goed.”

Natasha meen daar is goeie chemistry tussen haar en die boer. “Ek wou heeltyd aan sy arm vat, so ek dink dis ’n goeie teken!”

Skakel Donderdag om 20:00 op kykNET in vir ’n nuwe episode van Boer Soek ’n Vrou 11. Hier is wat voorlê.