web uni tv guide
Boer soek n vrou S17 slim bb pilot episode
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

Reandi maak reg om nuwe boere bekend te stel – Boer soek 'n vrou

Nuus
25 Oktober 2024
Skakel 27 Oktober 2024 om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om die tien nuwe boere te ontmoet.
Boer soek n vrou S17 SP BB Pilot Episode

Die aftel na die volgende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse skop Sondag (27 Oktober) om 20:00 af wanneer kykNET die tien boere vir die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou bekendstel.

Vanjaar se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 26 en 56, en die boere verteenwoordig ses provinsies met die Vrystaat wat die voortou met drie hubare boere neem.

Reandi Grey, wat pas aangekondig is as die sewende aanbieder van Boer soek ’n vrou, het reeds met die nuwe boere kennis gemaak en sy is baie opgewonde om hulle bekend te stel. 

“Elke liewe een van hierdie boere is volronde mense met soveel emosie en soveel liefde,” sê sy.

“Hierdie gaan ’n onvergeetlike seisoen wees en Suid-Afrikaners gaan aan hulle lippe hang.”

Die reeks sal van Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal dit fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Diegene wat vir een van die top-tien boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) inskakel. Die boere se profiele en meer inligting oor die reeks sal ook dan op www.kyknet.tv gedeel word.

Oudergewoonte sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling vir die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys.

2025 se boere  is:

1. Nicolaas (37), skaap- en saaiboer van Bredasdorp, Wes-Kaap

2. Rudi H (56), boerbokboer van Windsorton, Noord-Kaap

3. Lourie (26), beesboer van Vryburg, Noordwes

4. Rudi (47), toerisme en wildboer van Beestekraal, Noordwes

5. Evert (38), makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo

6. Willie (26), makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga

7. Reinier (29), saai-, bees- en skaapboer van Frankfort, Vrystaat

8. Ruan (30), Skaap-, bees- en saaiboer van Tweespruit, Vrystaat

9. Christof (38), turksvy- en soutboer van Petrusburg, Vrystaat

10. Pieter (29), skaapboer van Richmond, Noord-Kaap

Skakel 27 Oktober 2024 om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 om die tien nuwe boere te ontmoet. Inskrywings open 21:00 op 27 Oktober 2024 en sluit op 20 November 2024 om middernag.