Binnelanders se Karli (vertolk deur Pascal Pienaar) is geensins ’n vreemdeling in kykers se sitkamers nie, maar hoe goed ken jy die akteur?
1. Watter troeteldiere het jy?
Ek het ’n bruin skaaphond met die naam Ned – hy is 7 maande oud.
2. Noem enige snaakse sêgoed wat jy het.
As iemand nie ’n lekker gesigsuitdrukking het nie, dan sê ek altyd: “Lyk of hy/sy deur ’n helse tyd gaan”.
3. Het jy enige vreemde/interessante stokperdjies?
Ek hou van Dubsmash, karaoke, in my kamer dans en om tale te leer en lande na te vors.
4. Is daar enigiets snaaks/vreemds wat jy graag eet?
Ek eet elke dag 3 sjokolades. Niks vreemds daaraan nie.
5. Wat weet min mense van jou?
Ek is besig met my tweede honneursgraad. Ek was al in 33 lande. Ek het al in New York op my eie gebly. Ek het al my hare afgeskeer en dit was al 6 verskillende kleure. Ek kan surf en skateboard ry.
Néna Butler: Boodskap aan my jonger self
6. As jy nie ’n akteur was nie, watter ander beroep sou jy wou volg?
Die wêreld plat seil en ’n ekoloog of natuurbewaarder word. Of in ’n kwekery of blommewinkel werk.
7. Watter items is op jou ‘bucket list’?
Ek wil graag ’n koala-beer vashou, op ’n trek gaan deur Mongolië op langhaarkamele, ’n baba-olifant met ’n bottel voer, salsa in Kuba… Die lys is lank!
8. Het jy al na ’n interessante land gereis?
Ja, vele. Ek hou van navorsing doen en van die interessanter trips wat ek gedoen het was Rusland toer vir 3 weke. En in Israel bly vir 2 weke. Malta, Turkye en Italië was ook bitter interessant.
9. Waarheen wil jy nog graag reis?
Morokko, Siberië, Groenland, Hawaii, Estonië, Pakistan en Sri Lanka (onder meer).
10. Het jy enige spesiale talent?
Ek kan mooi teken en op my hande staan.
11. Het jy broers en/of susters?
Ek het een suster (28) en ’n broer (22). Ek is bitter lief vir hulle twee.
Kyk Binnelanders, weeksaande om 19:30.