’n Klein swart nommertjie slaan gewoonlik asems weg, maar Bianca het vandeesweek vir André met ’n klein swart boekie op die dag van hul troue verras.
“Jy gaan huil so mooi is sy,” het aanbieder Sorina Erasmus vir André gesê – verál nadat hy die smeulende boudoir-foto’s van Bianca in die boekie gesien het!
‘Boudoir’ beteken “’n vrou se kamer of private sitkamer”, en boudoir-foto’s word al sedert die 1920’s geneem. In die 1970’s is dit meer gereeld gesien in tydskrifte en die kunswêreld en vandag is dit algemeen vir vroue om boudoir-foto’s as ’n geskenk vir hul verloofdes voor hul troudag te gee.
Kyk die video hier onder:
Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).
Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.