kyknet channel logo

Nuwe musiekvideo met Francois van Coke en Arno Carstens

Nuus
08 April 2016
Die musiekvideo vir Francois van Coke en Arno Carstens se “Ek Weet Nie” word vanaand op Top 20 bekendgestel. Lees meer.
Francois Ek Weet Nie 1

Francois van Coke se selfgetitelde debuutalbum, wat op 8 April 2015 uitgereik is, het geweldige reaksie ontketen. Uitgekoopte vertonings, ’n rits nommereen-treffers en toekennings is net ’n paar suksesse op sy kerfstok.

Nou, een jaar later, stuur Francois die musiekvideo vir sy vyfde sololiedjie, “Ek Weet Nie”, die wêreld in. Hy sing dié lied saam met sy held, Arno Carstens. Sy Fokofpolisiekar-groepslid Hunter Kennedy het die regie van die video behartig en dis deur Kill City Blues Pictures vervaardig – met ondersteuning van Photo Hire, Jägermeister, Scar Hair en SAE Institute South Africa.



Die musiekvideo vir “Ek Weet Nie” is ’n visuele fees wat Francois se aangrypende ode aan onsekerheid en ons gedeelde soeke na identiteit uitbeeld. “Ek raak ouer, maar die oplossing kom nog nie.”



Dié musiekvideo word vanaand op kykNET se Top 20 bekendgestel. Francois van Coke kuier self in die ateljee. Moet dit nie misloop nie! Skakel in om 20:00 op kykNET NOU! en 21:00 op kykNET.

Eksklusief: Aanbieder Francois Nolte vra vir Francois van Coke uit oor ’n onderwerp wat niks met sy musiek te make het nie – rugby!

Kry Francois aanlyn:

iTunes
Webwerf: francoisvancoke.co.za
Twitter: @FrancoisVanCoke
Facebook: francois.vancoke
Instagram: francoisvancoke