web uni tv guide
kykNET_Boer_soek_n_vrou_S17_CTE_Boer_1600x160

‘n Persoonlike geskenk – Boer soek ‘n vrou

Nuus
26 Julie 2024
‘n Maak of breek- geskenk? Hier is ‘n paar idees.
Boer soek 'n vrou S16

Sommige kere kan ‘n geskenk die begin van ‘n wonderlike verhouding wees, maar hoe kies jy ‘n geskenk vir iemand wat jy wil beïndruk?

Is ‘n generiese geskenk beter of moet jy eintlik ietsie kies dat die persoon jóú persoonlikheid kan leer ken?

Gelukkig het die pasmaats wat vanjaar ingeskryf het vir Boer soek ‘n vrou vir ons ‘n paar idees gegee!

‘n Oulike idee is om iets te stuur wat julle saam kan doen – ‘n voorbeeld is ‘n tennis-rakket of selfs ‘n bordspeletjie – wat is dan nou ‘n beter manier om uit te vind of iemand kompeterend is of vuil speel?

Soms moet jy kyk na wat jou persoon doen vir ‘n lewe – wat kan sy lewe vergemaklik? ‘n Goeie idee hiervan is ‘n lekker waterbottel wat sy water vir ure sal lekker koel hou terwyl hy in die lande is.

Ander kere is jou persoon dalk mal oor jag – dan is ‘n knipmes ‘n goeie idee om sy biltong mee te kerf. Wie weet? Dalk deel hy selfs sy biltong met jou. ;)

‘n Sentimentele geskenk kan iets soos ‘n kamera of ‘n fotoalbum wees: ‘n Manier om julle reis saam te dokumenteer en te onthou wanneer julle oud en getroud is.

Loer hier na ‘n paar wenke van Marciel af:  

Skakel Donderdae om 20:00 in vir Boer soek ‘n vrou op kykNET, kanaal 144 en onthou om saam te gesels op Facebook, X, Instagram en TikTok.