kykNET stel as deel van vanjaar se feesvieringe die Kersfeesliedjie, “Uit Bethlehem”, bekend. “Uit Bethlehem” is deur Johan Vorster geskryf en word deur hom en Bernice West gesing. Die liedjie is reeds op alle stromingsdienste beskikbaar en ’n musiekvideo daarvan is vanaf 15 Desember op kykNET se YouTube-kanaal beskikbaar.
“Kersfees is vir baie van ons sinoniem met ‘Stille Nag’ en ons sing klassieke liedere soos hierdie elke Kersfees hartlik saam,” sê Waldimar Pelser, hoof van kykNET-kanale.
“Maar wat ’n voorreg om ’n nuwe Kerslied tot ons liedereskat te voeg – veral een uit die pen van die sanger en liedjieskrywer Johan Vorster.
“Uit Bethlehem”, die kykNET Kerslied vir 2022, is spesiaal in opdrag van kykNET gekomponeer en opgeneem om ’n boodskap van hoop te bring aan elke kykNET-gesin in ’n tyd van saamwees en asemskep voor die nuwe jaar begin. Ons hoop dat die lied, wat so pragtig deur Johan en Bernice uitgevoer word, ook een van ons klassieke Kersliedere sal word.”
Laai die liedjie hier af: https://johanvenbernicew.lnk.to/UitBethlehem
Kyk die musiekvideo hier:
*Skakel 24 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) in om “Uit Bethlehem” as deel van Die kykNET Kersfeesblyspel te sien.