kyknet channel logo

kykNET Lekker loods binnekort op DStv Access

Nuus
28 Februarie 2020
DStv-kanaal 148 sal vanaf 9 Maart voorts bekend staan as kykNET Lekker waar reeds bestaande kykNET inhoud op die DStv Access-pakket beskikbaar sal wees.
kykNET Lekker

kykNET Lekker sal kykers die geleentheid bied om ’n verskeidenheid van die beste kykNET programme van sepies, leefstyl- en kinderprogramme tot musiek te kan geniet. DStv Access kykers kry nou toegang tot die beste plaaslike Afrikaanse inhoud wat op ander DStv-pakkette beskikbaar is.

kykNET is ’n premuim kanaal op die DStv platform wat verlede jaar hul 20ste verjaarsdag gevier het met ’n waardevolle skatkis van Afrikaanse inhoud.

DStv Access kykers sal gewilde programme soos Jou Show met Emo seisoen 1 vir komiese vermaak kan geniet, terwyl die legendariese fiksheid guru, Linda Kriel, kykers sal inspireer om fiks te word met Kry daai Lyf. Afrikaanse sepies soos Suidooster(vanaf seisoen 1) en Binnelanders (vanaf seisoen 4) sal ook op kykNET Lekker beskikbaar wees. Die kleinspan sal ook vermaak word met kinderprogramme soos Teddies, Bundu Buddies en Groentjie.

En wat is ‘n Afrikaanse kanaal sonder musiek? Die programmering sal daagliks afsluit met musiekblokke van verskillende musiekvideo’s en gewilde musiekprogramme soos Joltyd, Kom ons Karaoke, Luister, #Duidelik en Sakkie Langarm.

kykNET Lekker sluit aan by ander kanale soos Mzansi Wethu, TLC, Telemundo, Supersport Blitz, The Home Channel, Mzansi Bioskop en CBS Reality op die goedkoopste DStv-pakket – Access.

Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale: “kykNET Lekker sluit aan by die ander kykNET-kanale om Afrikaanse inhoud bekostigbaar en toeganklik aan DStv-intekenaars te bied. Dit sal ’n verskeidenheid van die beste Afrikaanse programme uit die kykNET-skatkis huisves en sal slegs beskikbaar wees op die DStv Access-pakket.”

kykNET-kykers op DStv Family and Premuim pakkette sal voortaan steeds die beste en nuutste Afrikaanse vermaak op kykNET-kanale kan geniet. Daar is nog meer uitstekende inhoud op pad in die komende maande met gewilde programme wat terugkeer vir splinternuwe seisoene en nuwe programme wat hul buiging sal maak.

Die bekende Afrikaanse sanger, Karen Zoid, keer terug as President vir die 5de seisoen van Die Republiek van Zoid Afrika. Haar klets-en musiekprogram sal weereens verskillende Suid-Afrikaanse bekendes en legendes na kykNET-kykers bring.

Daarby sal Emo Adams die tweede seisoen van die gewilde talentkompetisie, Maak my Famous, op kykNET en kykNET & Kie aanbied waar van die land se beste opkomende kunstenaars hulle talente met kykers sal deel.

Die ikoniese Casper de Vries is ook terug met sy nuwe sketsprogram, Cas oppie Kassie.

Kykers kan ook uitsien na ’n nuwe drama uit die pen van Paul C. Venter later vanjaar. Venter was die skrywer van vorige kykNET-dramas soos Vlug uit Egipte en Knapsekêrels.

Op DStv-kanaal 145 sal kykNET & Kie ook ’n nuwe program verwelkom met die gewilde gospel-musikant, Jonathan Rubain, wat sy debuut met die klets- en musiekprogram, Koortjies, sal maak.

En die nuus is uit – die SAFTA-benoemde misdaadreeks, Op Seer se Spoor, sal ook vir ’n tweede seisoen na kykNET & Kie terugkeer met Kuier se artikel-redakteur, Ernusta Maralack, as aanbieder. Op Seer se Spoor bekyk wrede misdade wat gemeenskappe reg oor die land skok.

“Die 68 SAFTA-nominasies vir kykNET-programme getuig van die harde werk en toewyding van voor en agter die kameras om te verseker dat kykers die beste plaaslike Afrikaanse inhoud kan geniet,” sluit Meiring af.

kykNET is op Compact Plus en Premium terwyl kykNET & Kie op Family tot Premuim DStv-pakette beskikbaar is.

English:

kykNET Lekker to launch on DStv Access

From 9 March 2020, DStv channel 148 will be known as kykNET Lekker, where DStv Access subscribers will be able to view popular content from the kykNET library.

kykNET Lekker will give viewers the opportunity to enjoy a variety of the best kykNET programmes, including soaps, lifestyle shows, children’s entertainment and music shows. DStv Access subscribers can now enjoy the best local Afrikaans content that is available on other DStv packages.

kykNET is a premium channel on the DStv platform that celebrated its 20th birthday last year, with a valuable vault of Afrikaans content.

DStv Access subscribers will be able to enjoy popular shows such as the first season of Jou Show met Emo, jam-packed with comedic entertainment, while Lindi Kriel - the legendary fitness guru - will entice viewers to Kry daai lyf. Afrikaans soaps such as Suidooster (from season 1) and Binnelanders (from season 4) will also be available on kykNET Lekker. Children will be entertained with shows such as Teddies, Bundu Buddies and Groentjie.

And what would an Afrikaans channel be without music-driven content? The scheduling will conclude daily with blocks that will showcase different music videos and popular music shows such as Joltyd, Kom ons Karaoke, Luister, #Duidelik and Sakkie Langarm.

kykNET Lekker joins other channels such as Mzansi Wethu, TLC, Telemundo, Supersport Blitz, The Home Channel, Mzansi Bioskop and CBS Reality on DStv’s most budget-friendly package – Access.

Karen Meiring, director of kykNET channels, has this to say about the new channel: “kykNET Lekker joins other kykNET channels to showcase Afrikaans content on an affordable and accessible package for DStv subscribers. It will become the home of a variety of the best Afrikaans programs from the kykNET vault and will only be available on the DStv Access package.”

kykNET viewers on DStv Family and Premium packages will still enjoy the best new Afrikaans entertainment on the existing kykNET channels. There’s a lot of excellent content coming their way in the shape of popular shows returning for new seasons, as well as premieres of brand-new series.

The popular Afrikaans singer Karen Zoid will return for her 5th season as President of Die Republiek van Zoid Afrika. Her music-infused talk show will again bring some of the best and most legendary South Africans to kykNET viewers.

In addition, Emo Adams will present the second season of the popular talent competition Maak my Famous on kykNET and kykNET&kie to showcase some of our country’s talented upcoming artists.

The iconic Casper de Vries also returns with his new sketch show, Cas oppie Kassie.

Viewers can also look forward to a brand new drama from Paul C. Venter later in the year. Venter was the writer of previous popular kykNET dramas such as Vlug na Egipte and Knapsekêrels.

DStv channel 145, kykNET&kie, will also welcome a new music talk show called Koortjies, with the popular gospel musician Jonathan Rubain as presenter.

The South African Film & Television Awards (SAFTAs) nominated crime series Op Seer se Spoor will return for a second season on kykNET&kie (DSTV-channel 145, with presenter Ernusta Maralack revisiting the voilent crimes that shook communities across the country.

“The 68 SAFTA nominations for kykNET shows is a testament of the hard work and dedication in front and behind the cameras to ensure the best local Afrikaans content,” concludes Meiring.

kykNET, kykNET&kie and kykNET NOU! channels are availble on the Compact Plus and Premium bouquetes on DSTV.

kykNET&kie and kykNET NOU! channels are available on the Family bouquet on DStv.