Logo
Elwira, ’n bekende Pinkster-sangeres, volg vir Jonathan Rubain op wat ná vier jaar en 268 episodes die tuig neergelê het.
web uni tv guide

Koortjies Met Elwira Standili

145GeselsprogramPG

‘Koortjies’ is terug en wil saam met Elwira nog meer mense inspireer

Nuus
12 Julie 2024
“Koortjies vertel soveel inspirerende en lewensveranderende stories.”
Elwira, ’n bekende Pinkster-sangeres, volg vir Jonathan Rubain op wat ná vier jaar en 268 episodes die tuig neergelê het.

So sê Elwira Standili, die nuwe aanbieder van die gewilde gospelreeks, waarvan die vyfde seisoen dié Sondag (14 Julie) op kykNET & kie begin. 

Elwira, ’n bekende Pinkster-sangeres, volg vir Jonathan Rubain op wat ná vier jaar en 268 episodes die tuig neergelê het. 

Volgens Elwira, wat self al vier keer ’n gas op Koortjies was, is sy opgewonde oor haar nuwe TV-avontuur. 

“Ek dink die blueprint van Koortjies is klaar daar: ons deel reeds inspirerende stories, en mense kom lewer getuienis.

Maar sy is terselfdertyd ook gereed is om iets nuuts na die program te bring. 

“Mense het al vir my gevra wat bedoel ek met ‘iets nuuts’ en dan is my antwoord ‘myself’, want my persoonlikheid sal ’n ander dimensie aan Koortjies gee.

“Die feit dat ek as vrou ’n aanbieder is, is immers reeds ’n verandering,” sê sy.

“Ek gaan nou lekker musiek sing saam met die mense, elke Sondag. Ons gaan sing tot ons longe uitval, hoor!”

In haar eerste episode verwelkom Elwira die Pinkster-bekendes Veronica Meyer en Janine van Balla in die ateljee, en ’n episode vol lekker gesels en heerlike musiek is op die spyskaart wat bestaande en nuwe kykers gaan inspireer.

  • Koortjies met Elwira Standili begin op Sondag 14 Julie op kykNET & Kie, kanaal 145 op DStv uitsaai.