Ter viering van Tannie Evita Bezuidenhout se 80ste verjaardag op 28 September, het kykNET besluit om by haar te gaan inloer. Ons wil weet hoe dinge deesdae op persoonlike vlak en in die politieke arena lyk, en ons hou groot partytjie vir haar verjaardag. Bokkie Bam (Lizz Meiring), Tannie Evita se voormalige persoonlike assistent, staan na al die jare weer aan die stuur van sake en reël die partytjie met ’n ysterhand.
Familielede van Tannie Evita, soos Bambi Kellerman, Izan Bezuidenhout en Ouma Ossewania, dra hul verjaardagboodskappe aan haar oor.
Coenie gaan ook ’n draai maak om te gesels oor Tannie Evita se loopbaan as ambassadrise en om uit te vind hoe haar politiek vandag se dae daaruit sien. Gaan Coenie die onmoontlike regkry en uiteindelik vir Tannie Evita aan Pieter-Dirk Uys voorstel?
Kyk net vir Tannie is ’n mokumentêr wat tong-in-die-kies politiek en satire vermeng en ’n eenmalige kykie bied na Tannie Evita en, wie weet, moontlik selfs ook Pieter-Dirk Uys.
Kyk net vir Tannie word op 27 September 2015 om 20:00 op kykNET uitgesaai.