kyknet channel logo

Fliekgenot op kykNET in Februarie

Nuus
01 Februarie 2016
Dié Afrikaanse flieks en Silwerskermfees-kortflieks gaan sorg vir heerlike fliekgenot op kykNET in Februarie. Kyk hier wat op Saterdae op kanaal 144 opgedis gaan word.
Mooirivier Cast

Dié Afrikaanse flieks en Silwerskermfees-kortflieks gaan sorg vir heerlike fliekgenot op kykNET in Februarie. Kyk hier wat op Saterdae op kanaal 144 opgedis gaan word:

6 Februarie 2016

21:00 Hartloop (Silwerskermfees-kortfliek)
Janke neem aan vandag is ’n doodnormale dag vol takies om af te handel voor die son sak. Vandag is egter nie net nóg ’n dag in haar middelklas-bestaan nie, want vandag word Janke gekaap. Lees meer oor Hartloop hier.



21:30 Mooirivier
Die eerste ensemble-rolprent in Suid-Afrika van paartjies tussen die ouderdomme van 10 en 70, wat elk op hul eie avontuur van liefde gaan. Mooirivier het veelvuldige storielyne – byna soos die Britse fliek Love Actually. Kyk hier na die lokprent.



13 Februarie 2016

21:00 Konneksies (Silwerskermfees-kortfliek)
Bennie Schoeman en Retha van Graan is bedoel vir mekaar. Hulle weet dit net nog nie. Bennie, ’n voorman op ’n wynplaas, en Retha, bestuurder van die kwekery op die dorp, is albei ongeslypte diamante wat net ’n bietjie aanhitsing nodig het om dit self te kan besef en te aanvaar. Ons gaan op ’n reis deur Bennie en Retha se psige, onsekerhede en tot watter belaglike lengtes sosiale media hulle dryf. Lees meer oor Konneksies hier.



21:30 Strikdas
Don “Vossie” Vorster is ’n geeky diereliefhebber met ’n baie goeie hart. Toe hy op die punt staan om na die Universiteit van Stellenbosch te vertrek, druk sy pa ’n boksie in sy hande. In die boks ontdek hy ’n effens verweerde strikdas. Volgens ’n familietradisie wat van geslag tot geslag oorgedra word, moet die oudste seun in die Vorster-familie ’n strikdas ontvang wanneer hy sy hoërskoolopleiding voltooi. Die groot eer val Vossie nou te beurt. En hy gaan dit beslis nodig kry want dit gaan vir hom ’n groot aanpassing wees om van sy rustige bestaan by sy ouerhuis aan die opwinding wat die universiteitslewe bied, gewoond te raak. Gewapen met die strikdas en besiel met die waagmoed om op te staan vir dit waarin hy, is hy nou ook gereed om die meisie van sy drome te ontmoet. Lees meer.



20 Februarie 2016

21:00 Beurtkrag (Silwerskermfees-kortfliek)
Jasper en Fransie trek saam in ’n woonstel in. Hulle is die perfekte paartjie in die perfekte woning, maar ’n kragonderbreking dwing die twee weg van tegnologie af en nader aan mekaar. Kort voor lank is daar niks meer tussen hulle buiten hul eie opinies, vrese en die onbekende toekoms nie. Die op-die-oog-af ‘perfekte’ verhouding word skielik onder ’n vergrootglas geplaas en vat vlam. Lees meer oor Beurtkrag hier.



21:30 Konfetti
Jean en Sheryl staan op trou. Hy is Afrikaans en sy Engels uit ’n Joodse familie. Dis die strooijonker se werk om die troue van die jaar te laat realiseer, maar alles verloop nie volgens plan nie. Kyk hier na die lokprent.



20 Februarie 2016

21:00 Vryslag (Silwerskermfees-kortfliek)
Vryslag vertel die verhaal van Francois van Niekerk, ’n bekende akteur. Oral waar hy gaan word hy herken en bewonder, maar as enkelouer en enigste broodwinner omseil hy net-net die daaglikse onkostes. Wanneer sy seun, Markus (12), se privaatskool aandring op betaling van lank agterstallige skoolfooie, word Francois in ’n oënskynlik onoorkombare krisis gedompel. Lees meer oor Vryslag hier.



21:30 Knysna
Liefde onderskei nie tussen vleirot of prinses nie. Met onder andere Neels van Jaarsveld, Marguerite Wheatley, Armand Aucamp, Kaz McFadden, Shaleen Surtie-Richards, Terence Bridgett en Morne du Toit. Lees meer.